Epifanie
“I was suddenly overwhelmed with the realization that I loved all those people, even though we were total strangers. It was like waking from a dream of separateness in a special world.”
– Thomas Merton
In die klinies-koue kamer
kyk ek af na die kanule waardeur chemikalieë my verminkte vrouelyf binnedring …
giftig,
nood-wendig …
Skielik, soos in ‘n droom, word ek uit my donker denke uitgelig,
ek wend my oë op in dié van die ander,
tyd en plek word vervang deur ‘n mistiese, helende ligwêreld, liefde, dieper insig;
en interverbondenheid met dié mense oorweldig my.
© Elizabeth van der Berg, 2024