Verkoue
hier sit ek met ‘n tafel vol medisyne
en ‘n lyf wat glad nie voel soos myne
dit het begin met ‘n neus en keel gekielie
om my te waarsku: hier kom ‘n bielie!
die medikasie wat ek drink is vrek duur
maar blus nie my rou keel se vuur
my kop is dik en dom en vrot
in hierdie stryd tussen sneesies en snot
met ‘n neus wat loop soos ‘n kraan
my oë rooi en vol van traan
ek voel skoon benoud!
nou’s my lyf warm, dan’s dit bewerasies en koud
my keel so droog soos ‘n woestyn in my mond
elke asem vlak soos ‘n foxterrierhond
die hoender-sop wat ouma my stuur
help gladnie om my kwale te verduur
ek drink suurlemoen, heuning en brandewyn
niks help vir my kop se pyn!
pille en stroop, en elke ander kuur
my badkamerkas word ‘n medisyneskuur
so bring nog ‘n botteltjie, nog ‘n pil of twee
ek is ‘n soldaat wat nooit hensop sal skree!
© Jaak Krabbelaar, 2024.