Noodgeval
Die ambulans se lig
weerkaats rooi op sy blou gesig.
Met aankoms word hy
opgeneem en geïntubeer.
Resus! staan op sy lêer.
Dit rym met Jesus, sê sy pa
en die wagkamer word ‘n kerkgebou
van agterstallige gebede
en skuldige gewetes.
Uiteindelik, uit die spierwit gang
kom ‘n lang man aangestap
en hul oë ontmoet.
Hy wink die pa nader
en sê sag en beleef:
Meneer, dit is tyd om hom te groet.
© Jacques Boshoff, 2024