DE…MENSIE
jy wat so versigtig sluip
onhoorbaar
onsienbaar
ontasbaar
waar kom jy vandaan
ongenooid
jou vastrap in my siel
wie het jou geplant
in my onthou
se kant
jy sypel in elke neuro rif
onkeerbaar
drup
vir
drup
jy sluit my gedagtes af
onstuitbaar
sluis
vir
sluis
wat wil jy nog met my bereik
my siel het reeds verstryk
waarom dwaal jy nog in my
laat my los…
laat my gaan
want
ek
kan
niks
meer
verstaan …
© Madeleine Louw Blignault, 2024
Dit is om iemand se frustrasie te beleef. Knap gedaan. WDB
Dit is besonders, waar en pragtig geskryf. Ware talent my niggie. Baie geluk met liefde
Goed uiteengesit. Seer werklikheid.
So Mooi. So waar.
So waar, so onverstaanbaar. Dankie dat jy dit met ons deel.
Aangrypend en groot waardeering dat jy deel.
Aangrypend! Dankie Madeleine!