salig is die hande van die versorger
in die oomblikke waarin ‘n mens sterf
of ‘n nuwe baba gebore word
raak jyself ook met respek omgord
om nie die heilige oomblikke te bederf
en jy bly ten alle koste professioneel
mens is liggaam, siel en gees
met gevoelens van angs en vrees
wanneer jy die slegte nuus moet deel
die dood klop onverwags sonder onderskeid aan
hutte van armes, kastele van konings
net maar tente, ons aardse wonings
doodblaas van ‘n kers, einde van bestaan
salig is die versorgers se gewillige hande
hulle wat staan, na binne huil
geen plek of tyd te skuil
môre weer opstaan, omruil van nuwe verbande
© Aniki Joseph, 2024