Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 May 2024

PEN Afrikaans. Nuusbrief: April 2024

 

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Suksesvolle aansoeke vir die PEN dit neer-residensieprogram

Sedert ons vorige nuusbrief is die suksesvolle aansoekers vir die Jakes Gerwel Stigting se PEN dit neer-residensieprogram aangekondig. Ons sê ook hier hartlik geluk, veral aan die twee skrywers wat PEN Afrikaans se beskikbare plekke in die skrywershuis sal vul: Anzil Kulsen en Willem Anker.

Die PEN dit neer-residensieprogram het ten doel om vir skrywers onverstoorde skryftyd in die Jakes Gerwel Stigting se Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset-Oos) in die Oos-Kaap te bied.

Ons dank aan die Jakes Gerwel Stigting wat dit moontlik maak en aan die deelnemende PEN-kollegas vir die goeie samewerking.

Wenners van Akademiepryse aangekondig

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die wenners van die gesogte Akademiepryse vir 2024 aangekondig.

Baie geluk aan die wenners! Ons noem graag veral die volgende:

  • Nicola Hanekom ontvang vanjaar die Hertzogprys vir Drama vir Mirre en aalwyn. Dit is die tweede keer dat sy die Hertzogprys, die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld, ontvang. Die prys word jaarliks om die beurt vir poësie, drama en verhalende prosa, in dié volgorde, toegeken.
  • Die Eugène Maraisprys vir Poësie word toegeken aan Pieter Odendaal vir sy tweede digbundel, Ontaard.
  • Die CL Engelbrechtprys vir Taalkunde gaan aan prof. Eleanor Cornelius vir Gewone taal: ’n Oorsig wat “as pionierswerk beskou [kan] word”. Dit bevorder “nie net die veld van gewonetaalstudies nie, maar verteenwoordig ook ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling en verryking van die Afrikaanse taallandskap.”
  • Die Elsabé Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur word vanjaar toegeken aan Zandra Bezuidenhout vir Lampie.
  • Die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur word toegeken aan Antjie Krog en Ingrid de Kok (skrywers) en Fiona Moodie (illustreerder) vir Vetplantfeetjies.

 Lees hier op Netwerk24 en hier op LitNet meer oor die volledige lys pryswenners.

Wenners aangekondig: NB-Uitgewers se 2023 Jeugboekpryse

NB-Uitgewers het onlangs die wenners van hul jeugromanwedstryd aangekondig. Van harte geluk aan die wenners in die twee kategorieë, naamlik:

  • ’n Tiener- of jongvolwasseneverhaal vir lesers ouer as 13 jaar: Die wenner is Sandy Schoeman met Chakalaka uit ’n blikkie
  • ’n Kinderverhaal vir lesers 8 – 12 jaar oud: Die wenner is De Wet Hugo met Die doodgelukkige bure

Die wentitels word onderskeidelik deur Tafelberg en Human & Rousseau uitgegee en verskyn teen die einde van 2024.

Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer


Hoe skryf ‘n mens oor oorlog? Ons het vir Francois Smith gevra en deel met groot graagte sy reaksie. Klik op hierdie skakel en lees hierdie jongste artikel in ons artikelreeks, Die wêreld van die skrywer.

Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in April 2024

Baie geluk aan ons lede wat in April nuwe boeke op die rakke het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Dit sluit in: nuwe boeke deur Irma Venter, Nathan Trantraal, nuwe uitgawes van twee van Rudie van Rensburg se spanningsromans en Jaco Barnard-Naudé se debuutdigbundel.

Ten slotte:
By hierdie skakel is die kopieregkenner André Myburgh se mees onlangse uiteensetting van die stand van sake met die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg.

Ons deel ook graag die inligting oor die ATKV se Digskool wat volgende maand in Sutherland sal plaasvind, met Bernard Odendaal en Danie Marais as aanbieders.

Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← PEN Afrikaans. Nuusbrief: Januarie 2024
PEN Afrikaans. Nuusbrief: Junie 2024 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d