Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 June 2024

PEN Afrikaans. Nuusbrief: Junie 2024

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Kyk hoe ver het ons gekom: ’n gedigte- en kortverhaalkompetisie

“Kyk hoe ver het ons gekom” – só, ongeveer, lui een van die motiverings vir die Afrikaans Amptelik 100-veldtog. Dié veldtog het die viering van ’n eeu van Afrikaans as amptelike taal ten doel, met 8 Mei 2025 as feeshoogtepunt-datum.

Ter viering van dié ryklik klinkende taal kondig PEN Afrikaans en die webtuistes LitNet en Versindaba ’n gedig- sowel as ’n kortverhaal-skryfkompetisie aan – ’n inisiatief wat werklikheid kan word te danke aan ’n ruim borgskap deur Kruger Internasionaal Bate- & Welvaartbestuur.

Die skryf van kortverhale en gedigte is geslypte lense waardeur gekyk kan word na die wêreld, insluitend na hoe Afrikaans en sy sprekers gekom het tot waar ons is.

Kortverhaal- en gedigskeppers word derhalwe uitgenooi om die “Kyk hoe ver het ons gekom”-gedagte met eiesoortige invulling en in eie Afrikaanse woordeskat vas te vang. Dus: Dié breë tematiek kan vanuit enige invalshoek en met benutting van watter tongval(le) van Afrikaans ook al toepaslik is, benader word.

Klik hier vir die volledige inligting oor dié kompetisies. Neem gerus deel!

Die prysgeld in beide inskrywingskategorieë beloop R10 000 vir die eerste-, R5 000 vir die tweede- en R2 500 vir die derdeplekwenner.

Ons sien uit na die inskrywings en is by penafrikaans@gmail.com beskikbaar vir navrae.

 

Inskrywings ingewag: PEN Afrikaans en NATi bied aanlyn kursus oor die skryf van teaterresensies aan


PEN Afrikaans se aanlyn kursusse het al ’n instelling op ons jaarprogram geword en dit is vir ons ’n voorreg en ’n plesier om vanjaar in vennootskap met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) ’n aanlyn kursus oor die resensering van teaterproduksies beskikbaar te maak.

Cornelia Faasen, uitvoerende hoof van NATi, beskryf resensies as ’n uiters waardevolle deel van die teater-ekosisteem: “Dit dien as merker in tyd, omdat dit wat ons doen so vlietend is. Juis vanweë daardie vlietendheid het gehore hulp nodig om te besluit of hulle na ’n produksie gaan kyk of nie.  Dis soms ’n ongemaklike verhouding wat bestaan tussen kunstenaar en resensent, maar dit is noodsaaklik.  En NATi is PEN Afrikaans dankbaar vir die geleentheid om hier betrokke te raak.”

Op Saterdag 27 Julie kan belangstellendes inskakel vir dié aanlyn resensiekursus wat deur die kundige en ervare vryskut kunsjoernalis, Diane de Beer, aangebied sal word. Sy is ook die stem en dryfkrag agter die gewilde blog De Beer Necessities (https://debeernecessities.com/).

De Beer beplan om op geselstrant en vanuit jare se ondervinding saam met kursusgangers te besin oor die resensiepraktyk waar dit by teater kom. Wat benodig die resensent? Hoe berei ’n mens voor? Waarteen moet jy waak? Wat is die resensent se posisie in die kunsbedryf?

Deelnemers sal ook die geleentheid hê om vooraf ’n opname van die wyd bekroonde toneelstuk Rooiland, met teks deur Tertius Kapp en regie deur Jaco Bouwer, te kyk, te resenseer en as deel van die kursus ook terugvoer oor hul resensies te kry.

Kontak ons by penafrikaans@gmail.com om jou plek te reserveer. Daar is slegs 20 plekke beskikbaar en inskrywings sluit 1 Julie. Die koste beloop R200 per persoon, maar daar is beurse beskikbaar vir gratis bywoning.

Hierdie inligting is ook hier op ons webwerf beskikbaar vir maklike verspreiding. Deel dit asseblief met teaterentoesiaste wat mag belangstel.

 

Artikelreeks: Die wêreld van die skrywer

Die bekroonde digter Ryan Pedro is aan die woord in die nuutste artikel in ons artikelreeks. Ons het hom gevra om sy gedagtes oor die volgende onderwerp te deel:

“Die keuse van ’n taalvariëteit, of selfs van verskillende (streek- of groep-) taalvariëteite, is ’n belangrike stylelement tot ’n digter se beskikking. Watter soort(e) Afrikaans benut jy in jou digkuns? Om watter rede(s), of met watter doel(stellings)?”

Klik hier om sy bydrae te lees.

 

Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.

Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.

Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

 

Nuwe Afrikaanse boeke in Junie 2024

Baie geluk aan ons lede wat in Junie nuwe boeke op die rakke het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Dit sluit in: Wendy Maartens, Nerine Ahlers en vergun ons ’n spesiale woord van gelukwensing aan Danie Marais, een van ons bestuurslede, ’n voormalige ondervoorsitter én bestuurder van PEN Afrikaans, met die verskyning van sy langverwagte vierde digbundel. Ons vier dit saam met hom!

Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← PEN Afrikaans. Nuusbrief: April 2024
Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [24] – Vraaggesprekken met literaire agenten (7) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "wanneer woorde asemhaal" (Maritha Broschk) & "swartland" (Rudolph Willemse)
  • Sonja Loots in gesprek met Alwyn Roux oor "Weerskyn"
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "aalmoes vir die bootman" (Andries de Beer)

Nuutste bydraes

  • Charl-Pierre Naudé. Mymering
  • Joan Hambidge. Borges, Sheila Cussons en Johann de Lange
  • Persverklaring: Groot poësieprys ter ere van Breyten Breytenbach
  • Gerard Scharn. Portret van van Monika Pon-Su-San door Vladimir Tretchikoff
  • 100 Duitse Bestes: Else Lasker-Schüler (1869-1945)

Nuutste kommentaar

  1. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Barbara, ek waardeer jou terugvoer

  2. Celesté Fritze on Celesté Fritze. Vergetedal16 May 2025

    Dankie vir die tyd en die waardering, Ena.

  3. Jacobus Swart on Jacobus Swart. Franz Kafka15 May 2025

    Beste mnr. Scharn Ek waardeer u kommentaar. Dankie dat u my werk gelees het.

  4. Dietloff Van der Berg on Resensie: “Feesmaalgang” (Dietloff van der Berg)14 May 2025

    Baie dankie Joan Hambidge vir die fyn lees en die hoog gewaardeerde slotsom.

  5. Gerard Scharn on Jacobus Swart. Franz Kafka14 May 2025

    Beste Jacobus Swart, het leven van Kafka kort maar compleet weergegeven. Tientallen boeken hoeven nu niet meer gelezen te worden.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d