Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 May 2024

Alwyn Roux. Vier gedigte

 

Nag

 

Ek onthou jou anders as wat ek gedink het ek sou.

Die nag dra ’n swart manel

en vlerk ’n wêreld donkerte oop anders as onthou.

Watervalle anders as trane.

Mane anders as oë.

Ek onthou jou anders as wat ek gedink het ek sou.

Wolke wel in my oë

want ek wil huil oor jy weg is.

 

Vreugde

 

’n Lint fladder teen die hemel op

en val met stadige beweging

na die grond.

Ek tel die fladdering van woorde op

en bring dit na my mond

en eet die skoonheid aan flarde.

 

Vry

 

Jy streel die herfs met jou tong

en spoel dit rond in jou kieste,

mond my woorde rond

en steel ’n dag wat eintlik net vir my

’n dag was.

 

Hoe klein die nag is

 

Hoe klein is die nag waarin al ons drome begrawe

lê in die onbewustelike vashou

aan mekaar se lywe vol drome wat begrawe

lê in woorde wat ons

vir mekaar sê

die volgende môre vol blou lug en ruimte

en genade.

 

© Alwyn Roux, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Alwyn Roux. mens herken aan die mond van iemand

2e gedagtes oor “Alwyn Roux. Vier gedigte”

  1. margaret cordier says:
    23 September 2024 at 18:05

    ” en eet die skoonheid aan flarde”

    gedigte wat praat
    pragtig!

    Reply
  2. Marieta McGrath says:
    7 May 2024 at 10:19

    Vreugde en vry is vir my lieflik en lekker.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d