Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 May 20248 May 2024

Carina van der Walt. Twee pastiches en ‘n kontekstualisering

 

vroegherfs in die noorde

 

die jaar word oud in vlamrooi amberbloei

in buksus wat verbruin & gryser lug

waardeur die wind woedend waai & sug

’n lae son stry teen korter dae paddastoele groei

gretig tot selfs die traagstes & die laaste blare val

so suutjies in die goue bos & laan

dat die takke van die hoë berkebome pal

teen elke donker oggend witter staan

o Heer     laat dié trae dae heilig word

laat alles val wat groen was & afsydig

of jonk & trots kon pronk – laat word dit ysig

laat als stol Heer bedaar die wind – laat stort

ons waan & laat ons van hoogmoed ontdaan volstaan

met hoe sinloos alles soms glorieus kan vergaan

 

© Carina van der Walt

Tilburg, Nederland

Oktober 2019, laaste bygewerk 19 Januarie 2024

 

 

ek het ’n huisie in die bos

 

 ek het ’n huisie in die bos – dis dag

ek hoor aaneen die denne kraak & kreun

rondom my huisie waar dit suis & dreun

met al die wind se woeste krag

ek hoor die boskraaie se kga-kga klag

soos nonne steun oor hoe donker die dood

al dwalend na grafte tussen eekhorinkiesbrood

fladder hul rustelose oogopslag

 

my koffie kook my lampie gee sy lig

ek hoor hoe loei die storm daarbuite

ek hoor hoe ruk die winde aan my luike

hierbinne is dit veilig warm & dig

 

kom dag – na weer & wind & kranke waan

dit is die bos waarin my huisie staan

 

© Carina van der Walt

Tilburg, Nederland

Januarie 2021, laaste bygewerk 21 Januarie 2024

 

Carina van der Walt skryf uit Tilburg, Nederland:

 

Ek trek die stoute skoene aan deur te speel met die literêre term “pastiche” in ‘n gedig van H.A. Fagan en van N.P. van Wyk Louw.

Ek verskaf graag die volgende kontekstualisering:

In Afrikaans:

A.P. Grové het nie baie positief oor die pastiche geskryf in sy Letterkundige Sakwoordeboek vir Afrikaans nie. Sy woorde “sameflansing” en “onoordeelkundige ontleding / ontlening” stuit my nogal teen die bors en “musikale allegaartjie” is nie in my aanbod van toepassing nie. Ek probeer ook nie ‘n satiriese effek hiermee bereik nie. In die HAT, 6de uitgawe (2015) ATKV Gedenkuitgawe word die woord “doelbewuste nabootsing” gebruik en dit pas beter, want ek het dit inderdaad doelbewus gedoen.

In Nederlands: Op die Nederlandse dbnl  staan die volgende

pastiche-1

Etym: Fr.  nabootsing < It. pasticcio = pastei, mengelmoes. “Oorspronkelijk een kunstwerk, een muziekstuk of een literair werk dat bestaat uit een ‘mengelmoes’ van fragmenten uit andere werken.”

 

(Nee. Ek het geen “fragmenten uit andere werken” gebruik nie, maar net uit één spesifieke gedig van die twee verskillende digters.)

pastiche-2

Etym: Fr. nabootsing < It. pasticcio = pastei, mengelmoes.

“Los van de oorspronkelijke, etymologische betekenis duidt de term pastiche meestal op een kunstwerk, vooral literair, waarin de stijl en de thema’s van een auteur of van een bepaalde generatie of periode worden nagebootst: het werk kan (bijna) gelezen worden alsof het echt van de hand van de gepasticheerde auteur of uit de gepasticheerde periode kwam. Daarbij worden wel eens originele fragmenten ingelast (zie pastiche-1). Dergelijke stijlnabootsingen  kunnen onbewust tot stand komen, bijv. vanuit een gebrek aan inspiratie of persoonlijkheid of vanuit overdreven bewondering voor een auteur.”

(Nee, geen van die genoemde elemente [“gebrek aan inspiratie of persoonlijkheid of… overdreven bewondering”] was van toepassing by die skryf van hierdie pastiches nie.)

“Maar meestal wordt met pastiche een bewust toegepaste en stilistische virtuositeit vergende poëtische techniek bedoeld.“

(Hiermee kan ek saamstem.)

“Soms beschouwen pasticheurs hun werk zelfs positief als een vorm van ‘toegepaste’ literaire kritiek of als een stijloefening…”

(Ek dink ook so daaroor. Positief. Maar dan was die idee van my styloefeninge om ander parallelle seisoene in ander tipes landskappe te betrek, omdat ek aan die anderkant van die wêreld die seisoene en landskappe intens beleef en in staat is om so daaroor te kán skryf.)

“In de moderne Nederlandse literatuur zijn Kees Stip en Paul Claes (bijv. Mimicry, 1994) bedreven pasticheurs.”

Tot slot:

Ek het my twee bewerkings van Vroegherfs en Ek het ‘n huisie by die see deeglik onderwerp aan wat pastisches volgens verskillende literêre jargons uit twee sustertale is. Vir my persoonlik is dit wat ek daarmee gedoen het tog net bietjie anders. Ek het tussen drie en vyf jaar aan die twee tekste gewerk. Die herfs in ‘n Tilburgse bos soos die Oude Warande het my hart gesteel. En ja, ek droom van ‘n huisie, maar dis meestal ‘n verwarrende droom. Daarin kruis ‘n huisie aan Valsbaai se kus ‘n huisie in Knysna se bosse. Of is dit tog weer die Oude Warande?

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Wedstryd: Skryf ʼn parodie of ʼn pastiche
Carina van der Walt. Oksitaanse Dagboek →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d