Versindaba nooi alle digters, ongeag of jy al ʼn solo-bundel gepubliseer het of nie, om deel te neem aan ʼn digkompetisie waarin ʼn parodie of ʼn pastiche ingestuur kan word. Inligting oor dié twee digsoorte kan gevind word op Literêre Terme en Teorieë by
en ook by https://en.wikipedia.org/wiki/Parody
Die wenner ontvang R1000 prysgeld. Die tweede prys is R500 en die derde prys is ʼn eksemplaar van Vers en Vrou.
Vereistes
- Slegs parodieë en pastiches word in aanmerking geneem vir dié kompetisie, hoewel ander gedigte steeds welkom is.
- Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn solobundel of ‘n versamelbundel opgeneem wees nie.
- Digters mag maksimaal 5 gedigte vir die kompetisie inskryf.
- Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
- Geen foto’s mag gedigte vergesel nie.
- Die kompetisie sluit op 1 Augustus 2023.
- Inskrywings moet as ‘n Word-dokument (Arial 11) by ‘n e-pos aangeheg word. GEEN gedigte wat as deel van ‘n epos gestuur word, sal aanvaar word nie.
- Kopiereg moet aan die einde van elke gedig erken word op die volgende wyse: © Marlies Taljard, 2023
- Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com
Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars wat anoniem wil bly, se name sal nie gepubliseer word nie.
Alle gedigte word nie gepubliseer nie, maar alle gedigte wat ontvang word, word ingeskryf vir die wedstryd en kom in aanmerking vir beoordeling.
Haai Versindaba
Daar is ook goeie omskrywings van parodie en pastiche in Afrikaans op Literêre terme en teorieë. Kyk http://www.litterm.co.za
Dankie Hein. Inderdaad baie goeie omskrywings. Ek het die skakel bygevoeg.