Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 October 20256 August 2026

Carina van der Walt. Oksitaanse Dagboek

 

Okkitaanse Dagboek

 

stadswandeling I

 

 die klipbrug loop in ’n boog

oor die Aude – La Cité aan die

anderkant is onttrek uit ons sig

as ons sy aan sy aan

die krom brug begin

’n skitterende helm

doem op uit die ronding

’n breë borskas kaal

sonder malieharnas

’n romp van staalplate

pols- & kniebeskermers om lieflike skarniere

kuite soos rugbyballe bo ooptoon sandale

hy moes sien hoe ek kyk my oë opflikker

– toe ons sig op mekaar kry sleur hy

my mee in die diepte van die Aude

deur sy geamuseerde pupille –

& die man aan my sy?

ag nou ja

onoplettend nonchalant

met die Franse slag

 

© Carina van der Walt, 2025

 

 

stadswandeling II

 

 ons staan langs mekaar by

die stadspoort waar ’n musikant

met ’n puntmus ons in ons spore stop

pinkies ingehaak luister ons na sy 1ste

vuisslae op ’n omgekeerde keteltrom

soos groot seepbelle styg die ronde

klanke op teen die kasteelmure

om 1 vir 1 teen die dakke se

punte te bars     3 musikante

met blokfluite neem sy plek in

fluit ’n vinnige warrelwind & ruil hul

instrumente vir lier portatief stem

die kleintjie bespeel sierlik die lier

met ’n gansveer – die grote streel

met rooi naels sy skootorreltjie

sý het net haar stem

met uitgestrekte arms & oop polse

werwel haar smeking om sy liefde

omhoog tot tussen skapieswolke

ek draai met oop polse na hom

& óns?

die oomblik los op

 

© Carina van der Walt, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Carina van der Walt. Twee pastiches en ‘n kontekstualisering

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d