Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 May 202417 April 2024

Digtersprofiel: Willem S van der Merwe

Willem S van der Merwe is gebore in Porterville op 21 Februarie 1961, die oudste van vier. Sy pa was ’n telefoontegnikus by die destydse Poskantoor en sy ma was al die jare huisvrou. Vir sy pa om bevordering te kry, moes hulle gereeld trek. As gevolg daarvan het hulle byna elke paar jaar in ’n nuwe dorp gebly. Die Van der Merwe gesin was omtrent drie jaar in Porterville, en het daarna verhuis na Brandvlei in die Boesmanland, waar Willem in Sub A (Graad 1) was. Toe kry sy pa bevordering Ceres toe. Hulle was daar met die groot aardbewing van 1969: “Ek onthou hoe ons in opslaanhuisies moes bly vir maande terwyl die bouers besig was om ons huis reg te maak”.

In sy Standerd 2 jaar word sy pa bevorder na Knysna waar hulle geruime tyd woon. Willem het uiteindelik by Knysna Hoërskool gematrikuleer, en toe was dit diensplig vir twee jaar in Pretoria. In 1981 is hy na die Universiteit van Stellenbosch, waar hy Afrikaans en Nederlands, Engels, Taalwetenskap en Drama studeer het. Hy het by die SABC begin werk as ’n klankingenieur, en baie betrokke geraak by radiodramas, stemwerk en musiek vir byna dertien jaar. Na sy bedanking by die SABC, het hy voltyds begin fokus op fotografie en videoproduksies. Later het Van der Merwe in Taiwan en Hong Kong gewoon, waar hy bemarkingsmateriaal vir sagtewaremaatskappye geskryf het in Engels. Tans doen hy weer meestal fotografie en videoproduksies.

Van der Merwe skryf reeds vanaf die ouderdom 15. Sy destydse Engelse onderwyser het hulle altyd ’n keuse gegee om ’n opstel of ’n gedig te skryf. Willem vertel: “Toe dink ek: ’n gedig is mos kort, so dis minder werk! Later het ek besef dat ‘n goeie gedig baie harde werk kan wees. Ek dink ek het begin skryf want dit het my weggevoer na ‘n wêreld waar woorde baas is. En ek kon daai woorde kies vir die effek wat dit op die leser mag hê. ’n Bietjie van ’n ego trip, as jy my vra! Maar dit was ook ’n skeppingsdrang. Daai gevoel van iets nuut skep uit ’n beperkte aantal woorde.”

Musiek was nog altyd ’n groot deel van Van der Merwe se lewe. Hy het in ’n huis grootgeword waar sy pa konsertina, trekklavier en orrel gespeel het en sy ma was baie lief vir sing. Sy pa het in die vyftigerjare ’n boeremusiekplaat opgeneem en gereeld lewendig by die destydse SAUK gespeel. In sy tienerjare het Willem weggebreek en na Heavy en Progressive Rock begin luister soos Deep Purple, Uriah Heep, Black Sabbath, Jethro Tull, Yes, Gentle Giant – om maar net ’n paar te noem. “Ek het Ma mal gemaak met die luide musiek wat uit die ou Blaupunkt se luidsprekers gebons het.” Laterjare was hy een van die stigterslede van die alternatiewe rockgroep, Artvark.

In 1985 het sy debuutbundel, Son-dig, by die destydse Perskor verskyn. Sy tweede bundel, Nuwe vrese, verskyn in 2019 by Naledi. Van sy gedigte is ook ingesluit in Poskaarte en Gerrit Komrij se bloemlesing Gerrit Komrij: De Afrikaanse poësie in 1000 en enige gedichten.

 

 

 

 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Digtersprofiel: W.L. [Willie] van der Merwe
Digtersprofiel: Jacobus W. van der Riet →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d