
Jacobus W. van der Riet is in 1959 in Stellenbosch gebore waar hy ook skoolgegaan en studeer het. Hy het grade in die Teologie en Klassieke Tale, en het ‘n Ph.D. by Wits verwerf oor die digkuns van Horatius, Catullus en Tibullus, ook met verwysing na klassieke Griekse digters. Hy het as hospitaalkapelaan by Groote Schuur gewerk, as dosent in Klassieke Tale by Wits en Unisa, as, boekwinkelassistent, en aflosonderwyser, en kombineer tans die Ortodokse priesteramp in die bisdom van Johannesburg en Pretoria, in gemeentes in Eldorado Park en Rustenburg, met biblioteekwerk in Johannesburg. Hy het in die V.S.A. by ‘n Ortodokse seminarie studeer en ‘n jaar lank in Griekeland in ‘n klooster deurgebring, o.a. om die moderne Griekse taal sover moontlik te bemeester. Naas die letterkunde is hy geïnteresseerd in die teken- en skilderkuns, insluitende ikonografie en die karikatuur- en spotprentkuns.
Sy bundel Die onsienlike son verskyn in 2012 by Protea Boekhuis.
![]()
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]
