
Cahier van een lezer [19]
“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron
Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.
#24 Vraaggesprekken met literaire agenten
DEEL 2 – In gesprek met Marlies Taljard
In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.
Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.
Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de pilootaflevering van de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee en Charl-Pierre Naudé. Vandaag is het woord aan Marlies Taljard.
- Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?
MARLIES TALJARD:
Ek is ʼn afgetrede professor wat my hele professionele lewe binne die Afrikaanse literêre bedryf gewerk het. Tans steeds aktief betrokke as literêre kritikus (resensent). Ek is Inhoudsbestuurder van die Afrikaanse poësie-webwerf “Versindaba” waar ek daagliks met hoofsaaklik gevestigde digters en akademici saamwerk en die rol van keurder van kreatiewe en akademiese tekste vervul. Ek werk ook aan-en-af by die NWU in die Skool vir Tale.
Daar is op die oomblik verskeie en uiteenlopende agente wat binne die Afrikaanse (en wêreldwye) literêre bedryf optree. Eerstens is daar skrywers van literêre tekste, dan is daar uitgewers, bemarkers, resensente en lesers (en ander). Tradisioneel het elk van die bogenoemde rolspelers ʼn min of meer geykte rol gespeel. Ons bevind ons egter op die oomblik in ʼn tyd waarin veranderinge heelwat vinniger plaasvind as, sê maar, 50 jaar gelede. Sosiale media het dit byvoorbeeld vir elke mens wat ʼn sleutelbord kan gebruik moontlik gemaak om ‘n skrywer te wees en self werk te publiseer. Dit beteken dat baie meer kreatiewe tekste in omloop is en dat literêre kwaliteit nie ʼn gegewe is wanneer ʼn teks virtueel of in gedrukte vorm verskyn nie. Word jy gepubliseer (hetsy deur ʼn uitgewer of deur middel van selfpublikasie) het jy die “reg” op ʼn “goeie” (positiewe) resensie sodat jou werk gekanoniseer kan word (onthou: almal is “entitled”). En behoed die resensent wat dit waag om kritiek uit te spreek, want dit kan selfs dreigemente en trol-gedrag tot gevolg hê. Op sosiale media kan enige persoon hom-/haarself as “resensent” voordoen en die leser is dus nie seker of die resensie wat hy/sy van ʼn boek lees, ʼn objektiewe en professionele indruk van dié boek is nie.
Omdat die Internet byna enige iets toelaat, begin rolle geleidelik vervaag: die skrywer word ook uitgewer, resensent, aanbieder van skryfkuns werkswinkels en veral bemarker. Selfbemarking neem eksponensieel toe en gaan alle vorme van beskeidenheid te buite.
Die lys kan aan- en aangaan… Wat hieruit behoort duidelik te wees, is dat die literêre bedryf tans baie onstabiel is en veral gekwalifiseerde letterkundiges op eiers loop uit vrees om een van die bogenoemde agente te na te kom. Etlike van Versindaba se gewaardeerde resensente wil byvoorbeeld, omdat hulle reeds ʼn slag geteiken is, nie meer resenseer nie. Uiteindelik bly literêre kwaliteit in die slag en begin ander norme die bedryf beheer.
- Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?
MARLIES TALJARD:
Wat die uitgee van literêre tekste betref, moet mens altyd in gedagte hou dat uitgewers nie die Welsyn is nie, maar besighede. Die eerste oorweging is dus of ʼn boek gaan verkoop of nie. Daarvoor het uitgewers keurders nodig wat die literêre klimaat ken én eerlik en vry ʼn opinie oor ʼn manuskrip behoort te kan uitspreek én ʼn uitgewer wat luister na sy keurders! Taal- of teksversorgers is nie vanselfsprekend goeie keurders nie, maar nogtans belangrike rolspelers. ʼn Uitgewer behoort ʼn goeie verhouding met ʼn paar keurders te hê op wie hy/sy kan staatmaak en hulle behoorlik vergoed, want by hulle staan of val ʼn uitgewery dikwels.
ʼn Liefde vir letterkunde word van kleins af gekweek. Ek soek nou die dag Afrikaanse (nie vertaalde) kinderverhale vir my Aussie-kleinkinders, en die oes was skraal. Ek kyk na die skoolsillabus vir Afrikaans Eerste Taal en dink: as dit die enigste blootstelling aan die Afrikaanse letterkunde was wat ek gekry het, het ek ʼn ingenieur geword! Ons verwag te min van ons kinders en skryf dan te min boeke voor, hoofsaaklik werke waarvoor die kind min insig nodig het en wat nie tot nadenke lei of hoër intellektuele funksies vereis nie. Dit is waar ons taal bedreig word en waarom ons nie meer lesende mense is nie. As ek dink aan my Afrikaansonderwyser, mnr. A.P. Smit, wat in Graad 8 vir ons Van Wyk Louw gelees het, “De Jeugd van Francesco Campana”, Leipoldt se “Die Heks” laat opvoer het…
- Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?
MARLIES TALJARD:
Die taal word die afgelope eeu glo al “bedreig” en steeds verskyn duisende Afrikaanse tekste jaarliks. Solank skrywers vrywillig van die hoër funksie van ʼn taal gebruik maak, is dit gesond. Sou hulle ophou, dink ek nie dat enige ingreep van buite so ‘n taal kan red nie. My insig is dat mens iets dokter wat siek is. Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde lyk nie vir my siek nie. Het ons dus nodig om dit heeltyd in ICU te laat lê en dit te “bevorder” en daaroor te wroeg? Ek weet nie… Help dit…?
Wat my wel besorg maak, is die doelbewuste politieke diskriminasie teen Afrikaans as onderrigtaal, maar dit sluit ook alle ander inheemse tale in. Laat ons op ʼn nuwe politieke bedeling hoop wat dit mag regstel!
Ja, Afrikaans verdwyn alte vinnig op universiteite – nie slegs omdat dit deur institusionele besluite bedreig word nie, maar omdat studente kies om in Engels te leer en te skryf. Ons leef al hoe meer in ʼn multi-kulturele, globale ruimte waarin geografiese en taalgrense opgehef word. Ons kommunikeer met mense oor die wêreld heen – in Engels. Ons wen sodoende waarskynlik meer as wat ons verloor. Akademici word tans byna uitsluitlik beoordeel op grond van akademiese uitsette: hoeveel nasionaal; hoeveel internasionaal? Geen internasionale gehoor lees Afrikaans nie. Dít maak die hoër register van Afrikaans dood – én dié van ander tale wêreldwyd. Dit maak mens bekommerd. Of enige van die kleiner tale wêreldwyd uiteindelik sal oorleef, is onduidelik.
Wat ernstige letterkunde betref, word daar steeds baie en uitstekende werk in Afrikaans gepubliseer. My grootste bekommernis is dat skrywers, uitgewers, resensente, joernaliste, keurders, pryskomitees en befondsers van literêre pryse hulle toenemend laat voorsê en laat boelie deur mense met uiteenlopende (ideologiese) agendas. Op grond waarvan word keurders van pryskomitees byvoorbeeld aangestel? Is hulle almal (akademies) gekwalifiseer om literêre werke op grond van formele literêre vereistes te beoordeel en is die doelwit van literêre pryse steeds om goeie letterkunde te bekroon? Bogenoemde agente word toenemend onder druk geplaas omdat daar te min van dit en te veel van dat verskyn / geresenseer word / pryse wen / gevier word, ens. Die langtermyn gevolg kan wees ʼn skeefgetrekte kanon omdat dit wat verskyn / geresenseer word / befonds word en pryse wen nie noodwendig die beste literêre artefak is nie, maar die mees (polities) korrekte. Dus: hoe vry is enige agent wat binne die literêre sisteem optree? Hoe vry kan ons wees en word ons toegelaat om te wees? Big Brother speel ook internasionaal ʼn rol – kyk maar na groot pryse soos die Nobelprys (ʼn gesprek op sy eie!) Die oplossing van dié dilemma lê dalk eerder by filosowe as by letterkundiges wat steeds die “outydse” definisie van kuns in hulle agterkoppe het – kuns as kreatiewe uitset van ʼn begaafde kunstenaar, kuns as artefak wat voldoen aan formele genrevereistes, eerder as die produk van iemand wat ʼn gereg van ʼn resep af voorberei met voorafbepaalde of toegelate bestanddele, ongeag of dit die gehoor/eters se kulinêre smaak bevredig.
