Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 June 202411 June 2024

Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [20] – Vraaggesprekken met literaire agenten (3)

 

 

“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron

Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.

 

#24 Vraaggesprekken met literaire agenten

 

DEEL 3 – In gesprek met Mercy Kannemeyer

In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.

Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.

Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de pilootaflevering van de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé en  Marlies Taljard. Vandaag spreekt Mercy Kannemeyer.

 

  1. Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?

 

MERCY KANNEMEYER:

Ek is ’n skrywer, regisseur, teatermaker, navorser, student, meningsvormer en denkleier. En ek doen dit alles in Afrikaans! My posisie binne die taal is veelvoudig. My ‘loopbaan’ in Afrikaans het in 2017 begin met die bekendstelling van my doccie “Die ander kant / The Other Side” wat ondersoek ingestel het na Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Stellenbosch. Na die kort doccie, dit was slegs 12 minute, het ander deure en platforms vir my begin oopgaan. Ek het BA Drama en Teaterstudie gaan studeer met die idee om ’n akteur of radio-omroeper of iets in die kunste te word. “Die ander kant” het my laat besef dat ek my stem vir my moedertaal kon gebruik. Deur in gesprek te tree met rolspelers in die Afrikaanse bedryf – mense wat deur hulle onderskeie werke hulle toespits op die voortbestaan van Afrikaans – het my die vrymoedigheid gegee om dieselfds te doen. Ek doen vele dinge met vrymoedigheid, want dis my taal. Ek beskou myself ook as taalaktivis wat pro-moedertaalonderrig is. 

 

Ek het “agency” binne Afrikaans, maar ek wonder dikwels of ek mag het. Agency is dikwels nie gelykstaande aan mag nie. My agency het te make daarmee dat ek toegang het. Toegang tot onderrig, toegang tot materiaal in Afrikaans, toegang tot groot rolspelers se ore binne in Afrikaans. Ten einde mag in Afrikaans te bekom moet diegene wat voorheen in magsposisies gestaan het (waarvan menigte steeds hul mag behou) hul mag of geheel en al oorgee, of ons moet ’n ruimte skep waar mag gedeel kan word.

 

  1. Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?

 

MERCY KANNEMEYER:

TEATER! Teater is ’n deel van literatuur of literêre produk wat dikwels oorgesien word wanneer gesprekke oor taal plaasvind. Teater verdien meer aandag, omdat dit spreek tot gehore wat nie noodwendig die tradisionele roete volg om toegang tot die taal te kry nie. Teater gaan ná die mense toe. Teater word vír die mense en deur die mense geskep. Ons kan nie toelaat dat Afrikaans in die ivoortorings van ons universiteite en slegs in boeke opgesluit bly nie. Ek wil sien hoe teater as ’n waardige en waardevolle taaluitset beskou word.

 

  1. Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?

 

MERCY KANNEMEYER:

Daar is vir seker positiewe veranderinge in Afrikaanse literatuur en taallinguistiek. Die omarming van variëteite in Afrikaans sowel as die fokus op digters (soos Nathan Trantraal, Ronelda Kamfer, Jolyn Phillips, Ryan Pedro, Lynthia Julius en Ashwin Arendse). 

Op die gebied van teater of uitvoerende kunste is daar ook stemme wat vir vernuwing binne die Afrikaanse taal sorg. Hetsy die vernuwing deur middel van representation in terme van diversiteit of idees sorg. Mense soos Jason Jacobs bring nuutheid in die manier waarop hy teater vanuit ’n gedekoloniseerde oogpunt aanpak. Deur so deursigtig as moontlik oor sy komvandaan in sy werk te wees neem hy gehore op ‘n tog na waar hy vandaan kom, wie sy voorouers is en wat die rol van die voorouers in hedendaagse spiritualiteit in teaterwerk kan beteken. Dan is daar ook mense soos Pieter Odendaal wat praat van “ancestral realism” in teaterskepping. As wit Suid-Afrikaner maak Pieter gesprekke los rondom witheid en wit mense se verhouding tot die mense wat voor ons hier was. Philip Rademeyer se teaterwerk is net so transformerend vir die uitbou en oorlewing van teater van letterkundige produk, bloot deur die manier waarop hy ’n sterk hand oor sy taalgebruik uitoefen en innoverend met Afrikaans omgaan.

Daar’s soveel opwinding en terwyl ons moeilike gesprekke oor Afrikaans voer moet ons nie vergeet om die mooi wat in die taal opgesluit is ook te vier nie.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [19] – Vraaggesprekken met literaire agenten (2)
Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [21] – Vraaggesprekken met literaire agenten (4) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk
  • Bert Bevers. Aanwijzingen
  • Riaan le Roux. Kans
  • Paul Kloppers. bosluisvoël
  • Digtersprofiel: Marlise Joubert

Nuutste kommentaar

  1. Stephan du Toit on Stephan du Toit. Geboorteland13 January 2026

    Baie dankie Marthé.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Musikale oomblik9 January 2026

    Dankie, Joan.

  3. Marthé McLoud on Stephan du Toit. Geboorteland9 January 2026

    Treffende gedig.

  4. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Musikale oomblik8 January 2026

    'n Uitstekende palinode - spel met Cloete. En die slot is 'n mokerhou! Jou gedig is treffend.

  5. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Voorbeeldig8 January 2026

    Treffend. En: Gesondheid in die rondheid!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d