Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 July 20241 July 2024

Joan Hambidge. Wallace Stevens (III)

 

Letter 399 To Hi Simons (January 18 1940)

“Obviously, it is not possible to tell what one’s own poems mean, or were intended to mean. On the other hand, it is not the simplest thing in the world to tell what one’s own poems mean, or were intended to mean. I thought of it this way this morning: a poem is like a man walking on the bank of a river, whose shadow is reflected in the water. If you explain a poem, you are quite likely to do it either in terms of the man or in terms of the shadow, but you have to explain it in terms of the whole. When I said recently that a poem was what was on a page, it seems to me now that I was wrong because that is explaining in terms of the man. But the thing and its double always go together”.

 

Letter 426 To John Pauker (June 3 1941)

“Just one thing more: your remark that the final authority is always the poet is one of the things that I am given to contradicting. The final authority is the poem itself.”

(uit: Stevens, Holly (red.) 1996. Letters of Wallace Stevens. Berkeley: University of California Press).

 

I

Die digter Wallace Stevens het skynbaar gedigte gekomponeer, terwyl hy gewandel het. Verskillende skribbels of weergawes is te siene op stukkies papier. In ‘n gesaghebbende studie Wallace Stevens, The making of the poem, wys Frank Doggett op al die kwessies rondom sy uitsprake oor die digkuns.

Was hy net ‘n Sondagdigter? Het hy teen die einde van sy loopbaan as digter net vir homself geskryf?

Roy Harvey Pearce in The Continuity of American Poetry (1961: 405) skryf oor ‘n ongepubliseerde en posthume artikel deur ene James Baird. Dit handel oor die eksistensialisme by Stevens. Pearce het die referaat gehoor by die American Literature Group of the Modern Language Association in 1957.

Só interpreteer Baird die beroemde gedig:

I    Search for the ultimate poem

II   The ‘real poem’ is behind the poem

III  The search for meaning of meaning

IV  The absence in the belief of God, the mind turns to its own creations and examines them, not alone from the aesthetic point of view, but for what they reveal, for what they validate and invalidate, for the support that they give.

Pearce is wel krities oor die volgende siening:

“Yet Mr. Baird I think, is in error when he wants to save Stevens for some form of theism.” Hierdie leser gaan akkoord met Pearce en Baird se lesing. Daar is wél in die gedig ‘n soort religieuse dimensie aanwesig.

Hierdie gedig loop sy eie pad, weg van Stevens se bedoeling.

In 1955 het Stevens, toe hy gediagnoseer is met maagkanker, Katoliek geword.

 

II

In An Ordinary Evening in New Haven staan daar:

As part of the never-ending meditation,

Part of the question that is a giant himself:

Of what is this house composed if not of the sun, (I)

 

En:

 

IX

We keep coming back and coming back

To the real: to the hotel instead of the hymns

That fall upon it out of the wind. We seek

 

The poem of pure reality, untouched

By trope or deviation, straight to the word,

Straight to the transfixing object, to the object

 

At the exactest point at which it is itself,

Transfixing by being purely what it is,

A view of New Haven, say, through the certain eye,

 

The eye made clear of uncertainty, with the sight

Of simple seeing, without reflection.

We seek Nothing beyond reality. Within it,

 

Everything, the spirit’s alchemicana

Included, the spirit that goes roundabout

And through included, not merely the visible

 

‘n Soektog na die volmaakte gedig, maar eweneens ‘n spirituele belewenis. En die briewe van Stevens is saamgestel deur sy dogter, Holly, oorlede in 1992 op ouderdom 67. Deur die jare het hierdie leser geweldig baie studies oor Stevens gelees. O.a. ook oor sy Kubaanse fantasie.

En natuurlik Harold Bloom wat deur Frank Kermode beskou word as die grootste leser van sy werk.

 

Joan Hambidge

28 Junie 2024

(Word vervolg)

 

Bronne:

Doggett, Frank A. 1980. Wallace Stevens,  The Making of the Poem. Baltimore: Johns Hopkins University.

Doyle, Charles (red.). 1985. Wallace Stevens: The Critical Heritage. Londen: Routledge & Kegan Paul.

 

Gelpi, Albert (red.). 1985. Wallace Stevens: The poetics of Modernism. Cambridge: Cambridge University Press.

Leonard, J.S. & Wharton, C.E.. 1988.  The Fluent Mundo: Wallace Stevens and the Structure of Reality. Londen: The University of Georgia Press.

Longenbach, James.1991. Wallace Stevens: The Plain Sense of Things. Oxford: Oxford University Press.

 

McNamara, Peter L. (red.). 1972.  Critics on Wallace Stevens. Florida: University of Miami Press.

Pearce, Roy Harvey. 1961. The Continuity of American Poetry. New Jersey: Princeton.

Stevens, Holly (red.) 1996. Letters of Wallace Stevens. Berkeley: University of California Press.

 

 

Die plattegrond: die ondergrond

Wallace Stevens

 

Die nou teen die verlede

bring beleef en onthou

bloot hoop, veral berou:

 

hoe sal ons regmaak

opmaak ná die uitmaak

só word ons uitrangeer:

 

‘n vrou skryf ‘n nota klein

op ‘n gewone aand in New Haven,

skeur dit op, verbrand dit dan:

 

die werklikheid is fragiel,

breekbaar ten spyte van

die groter gedig, ‘n gehoor wyer:

 

die filosoof soos die digter

oefen toonlere op ‘n klavier

donker dinge só verklap.

© Joan Hambidge

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Het gehuis
Joan Hambidge. Wallace Stevens (IV) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d