Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 July 202411 July 2024

Joan Hambidge. Wallace Stevens (IV)

 

I

Wannneer ‘n gedig teen sy intensie gelees word of net met ‘n politieke oog beskou word, kan dit sleg boemerang op die leser. Tog lees ons altyd vanuit ons eie verwysingspunte, dikwels onbewustelik. Hierom is daar nie soiets as ‘n objektiewe lesing nie. “There are no texts, only ourselves”, het Harold Bloom opgemerk.

Edward Said (1935 -2003), die Palestyns-Amerikaanse denker en aktivis, het skerpsinnige studies oor die Orient geskryf. In die reeds vermelde studie van Imre Salusinszky is hy enigsins verminderend oor Stevens se “Not Ideas about the Thing but the Thing itself”. ‘n Ruk later gee hy egter toe dat poësie nie werklik sy belangstelling is nie.

“No, I tend to be a plot and narrative person” (1987: 143).

Dalk onkundig oor die digterlike sisteem wat ingebed is in Wallace Stevens, die modernis.

Orientalism (1987) bly steeds ‘n baken.

II

Hierteenoor is Frank Lentricchia (1940 – ) se lesings van Stevens wél Marxisties in benadering, maar altyd met erkenning aan Harold Bloom en ander lesers van Stevens. Lentricchia se lesings is, soos die Engelse sê, perspicacious.

Afgeneem met ‘n T-hemp. Nie met ‘n das nie. ‘n Informele persoon en die skrywer van die baanbrekerswerk After the New Criticism wat in 1980 verskyn het. Vir sy beroepslewe:

https://fds.duke.edu/db/aas/Literature/faculty/frll  Besoek 6 Julie 2024

In sy onderhoud met Salusinszky wys hy daarop dat hy nie, soos Harold Bloom, ‘n “gentleman scholar” is nie. Hy kom uit ‘n werkersklas-huis waar sy moeder hom aangemoedig het om te gaan studeer. Daardie moeder met hande soos ‘n man s’n. As ‘n tweede generasie Italiaans-Amerikaners was hulle uitgelewer aan ‘n onregverdige, diskriminerende sisteem. Sy moeder het lang ure gewerk in ‘n fabriek vir General Electric. Hierom is die verbintenis tussen literatuurkritiek en sosiale verandering só belangrik vir hom. Hy het aan Duke studeer.

Teenoor Harold Bloom (1930 – 2019)  wat tekste anders lees: “ … the poet is not a slum-lord; the critic is not a hireling of the stock exchange” (1987: 193). Dit is wel tersaaklik dat Bloom ook uit ‘n werkersklashuis kom. In die Bronx groot geword waar sy vader ‘n kleremaker was en sy moeder ‘n tuisteskepper. Die vader gebore in Odessa en die moeder Lithuiaans-Joods. Hierna Cornell, as student en aan Yale as professor.

Lentricchia maak ons daarop attent dat Stevens in ‘n brief aan sy vrou bely dat hy gedigte skryf. En dat dit ‘n geheim moet bly. Want dit is volgens hom iets “vrouliks” om gedigte te skryf.  ‘n Uitspraak gemaak waarskynlik deur ‘n besigheidsman.

Die gender-aspek word deur Lentricchia uitgewys, omdat sy werk kommentaar lewer op gemarginaliseerdes en feminismes; hoe vroue-lesers ander kwessies uitwys. (Iets waarteen Bloom gekant was: hy het verwys na sogenaamde School of Resentment en veral Terry Eagleton se studies het hom nie behaag nie. Eagleton op sy beurt het Bloom ook gekritiseer.)

Lentricchia lees anti-teties, dog hy sien in dat Wallace Stevens “a poet of silence is”, een wat oor naweke sy bourgeois-lewe kon geniet het: terapeuties, esteties en wég van alle die dringende kantoorverpligtinge(1987: 204).

In hierdie opsig, so gelees, was Stevens dan ‘n sogenaamde Sondag-digter.

III

En Bloom se studies bly van die belangrikste bakens oor Wallace Stevens se werk. Hierop sal ingegaan word.

 

 

Bronne:

Bloom, Harold. 1977. Wallace Stevens: The Poems of our Climate. Ithaca, N.Y., and London: Cornell University. Press.

Lentricchia, Frank.1980. After the New Criticism. Chicago: Chicago University Press.

  1. Ariel and the Police: Michel Foucault, William James, Wallace Stevens. Sussex: The Harvester Press.
  2. “Wallace Stevens; The Ironic Eye”, Yale Review, Spring 1967.

Salusinszky, Imre. 1987. Criticism in Society : Interviews with Jacques Derrida, Northrop Frye, Harold Bloom, Geoffrey Hartman, Frank Kermode, Edward Said, Barbara Johnson, Frank Lentricchia and J. Hillis Miller. London: Methuen.

 

Joan Hambidge

6 Julie 2024

(Word vervolg)

~~~~~~~~~~~~~~~

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Wallace Stevens (III)
Joan Hambidge. Wallace Stevens (V) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d