Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 July 2024

Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [26] – Vraaggesprekken met literaire agenten

 

 

 

“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron

 

Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.

 

#24 Vraaggesprekken met literaire agenten

DEEL 9 – In gesprek met Klara du Plessis

 

In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.

Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.

Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard, Mercy Kannemeyer, Ilse van Staden, Eben Venter, Marita van der Vyver, Bernard Odendaal en Paul Kammies. Vandaag is het woord aan Klara du Plessis, die reageert vanuit Montreal in Canada.

 

1.  Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?

 

KLARA DU PLESSIS:

So ek is gebore en woon tans in Montreal, maar het grootgeword in Bloemfontein. Ek dink teen dié tyd is ek langer in Kanada as in Suid-Afrika, maar tog staan ek altyd met een been in elkeen van die twee plekke. Dit is waar in terme van kultuur, taal, emosie, maar ook literatuurlandskap, soos jy dit noem. D.w.s. ek is deel van twee heel verskillende letterkundetonele. In Kanada is dié Engelssprekend, wat beteken dat dit wat plaaslik gebeur altyd implisiet in gesprek tree met Amerikaanse, Britse en selfs wêreldletterkundes. Die veld is dus ongelooflik groot wat dit moeiliker kan maak om raakgesien te word. In Quebec, waar ek woon, is die Engelse toneel in spanning met die kleiner Franse een. Die Franse en Afrikaanse infrastruktuur is vir my baie eenders. Omdat die Franse en Afrikaanse wêrelde geografies meer intiem is, is hul infrastrukture meer gemik daarop om plaaslike skrywers in die kollig te stel. So het ek bv. al twee keer in Suid-Afrika op TV verskyn.

 

Om hierdie opmerkings by agentskap te betrek, wil ek Mercy Kannemeyer uit ’n vorige bydrae aanhaal: “Agency is dikwels nie gelykstaande aan mag nie.” Ek stem hiermee saam. Infrastruktuur—soos uitgewerye, feeste, media, pryse—funksioneer meerendeels volgens ’n magshiërargie. As mens deel is daarvan is dit fantasties en is daar allerlei voordele. Maar daardie selfde strukture kan agentskap van die individu afneem. Die strukture het die mag om sigbaarheid te gee of te ontneem. So wonderlik en so belangrik soos daardie sambreelorganisasies mag wees, gebeur die werklike interessante denke, myns insiens, baie keer op forums wat nie juis mag het nie, maar wat gedryf word deur die ontsaglike impetus van individuele of kleiner groepsagentskap. Ek dink hier aan Azille Coetzee en Bibi Burger se feministiese omsendbrief, Turksvy, ’n projek wat reeds tot ’n einde gekom het, maar wat vir ’n paar jaar lank belangrike skryfstukke per epos gesirkuleer het. Ek dink ook aan Lara Hattingh en Nardus Engelbrecht wat Kaapstad Toneelhuis in 2022 gestig het as ’n tipe pop-up teater wat nou al op ’n verskeidenheid oorde eietydse drama buite die meer formele forums laat plaasvind. Agentskap is inisiatief. Dit gaan gepaard met ’n persoonlike visie wat anders is as dit wat reeds bestaan. Dit is hierdie ondernemingsgees wat my werklik opgewonde maak in enige letterkundetoneel.

 

2.  Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?

 

KLARA DU PLESSIS:

Poësievoorlesings. Ek het natuurlik ’n voorliefde vir dié medium. Ek het self vanaf 2012 tot 2018 ’n maandelikse voorlesingreeks in Montreal kureer, en reël steeds van tyd tot tyd meer eksperimentele of meer dialogiese voorlesings wat ek Deep Curation noem. My akademiese navorsing handel ook oor die kuratoriese strukture van voorlesings. Ek het dus baie te sê hieroor, maar op ’n praktiese noot, dink ek dat voorlesings ’n belangrike gemeenskaplike rol kan speel. Dit bied die moontlikheid om poësie op ’n meer beliggaamde manier te beleef—beide in die sin van mense wat saam in ’n vertrek is en van die poësie self wat ’n stem kry, wat as klank voorgestel word.

 

Voorlesingreekse skep ook belangrike kontinuïteit. In Suid-Afrika speel feeste ’n groot rol en tydens ’n week of naweek is daar dus ’n oorvloed voorlesings en gesprekke met outeurs. In die tye tussen die feeste gebeur daar wel minder. Feeste lê ook klem op skrywers wat hulself reeds bewys met boekpublikasies en klaar deelneem aan die publieke diskoers. Voor my publikasies was ek bv. uitgehonger na forums waar ek my vroeë skryfwerk kon deel, waar ek ander skrywers kon leer ken, waar ek aktief kon deelneem aan ’n toneel. Ek weet nou van The Red Wheelbarrow wat o.a. deur Ed Burle en Jacques Coetzee in Kaapstad organiseer word, asook Thuthukani Ndlovu se Radioactive Poetry Café in Bloemfontein, waar meer klem op spoken word gelê word. Maar beide voorbeelde is vir Engelse letterkunde en ek glo daar is ’n leemte vir goeie Afrikaanse reekse waar skrywers van verskillende professionele vlakke hul werk met mekaar kan deel. Om skrywers van afsonderlike generasies in gesprek met mekaar te stel, bewerkstellig ook invloedryke mentorskap geleenthede.

 

3.  Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?

 

KLARA DU PLESSIS:

Ek dink Afrikaans moet minder geïsoleerd as ’n nasionale letterkunde beskou word en meer fokus op die verhouding tussen Afrikaans en ander Suid-Afrikaanse tale, asook die verhouding met ander internasionale letterkundes. Suid-Afrika is in die unieke posisie dat meeste mense meer as een taal magtig is. Dit maak ongelooflike interessante moontlikhede oop vir samewerking tussen tale en vir parallelle letterkundes wat Afrikaans toelaat om nie net in gesprek met Kaaps en Engels te tree nie, maar ook met Sesotho, isiXhosa en so aan. Om terug te keer na die eerste vraag, verg so ’n veeltalige beleid ongelukkig ’n uitgebreide infrastruktuur en finansiële ondersteuning wat nie altyd beskikbaar is nie. (Yves, jy het ook onlangs baie uitdagend geskryf oor die noodwendigheid van ’n spesifiek veeltalige letterkundige infrastruktuur, pryse vir transtalige boeke ens.) Om heel idealisties te klink, glo ek wel dat ’n tipe grassroots benadering ook besonder effektief kan wees: om die internet te gebruik vir verniet verspreiding, om chapbooks en pamflette as fotostate te versprei … Om voorlesings te organiseer kort net een vrywilliger.

Verder woon Afrikaanssprekende skrywers nie alleenlik in Suid-Afrika nie. Afrikaanse letterkunde kan nie as ’n enkele tradisie beskou word nie. Dit behoort per definisie in gesprek met ’n menigte verskillende literatuurlandskappe te wees. Beide Ekke en G (wat ek saam met Khashayar “Kess” Mohammadi geskryf is) is bv. in Kanada uitgegee, maar maak ’n impak op die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse letterkunde. Dit is vir my ’n baie verrykende stelling: dat alhoewel Afrikaans self ’n beperkte leserskap het (basies Afrikaans-, Kaaps- en Nederlandssprekendes), dit gelyktydig kan meeding op die wêreldstoneel as dit uitwaarts, en nie alleenlik inwaarts nie, gerig is.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [25] – Vraaggesprekken met literaire agenten
Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [27] – In gesprek met literaire agenten →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d