Marlene van Niekerk is die skrywer van twee digbundels Sprokkelster (1977) en Groenstaar (1983), een bundel kortverhale, Die vrou wat haar verkyker vergeet het (1992), en twee romans Triomf (1994) en Agaat (2004). Sy is tans verantwoordelik vir die begeleiding van M.A.-studente in die skeppende skryfkunde. Sy vra haar af of die enigste subversiewe daad in ‘n gebrutaliseerde samelewing nie dalk die skryf van klein gediggies is nie.
Bekronings
Universiteit van Johannesburg-prys vir die Beste Skeppende Skryfwerk in Afrikaans (2010) – Die sneeuslaper
Helgaard Steyn-prys (2008) – Agaat
Afrikaans Onbeperk-toekenning van die KKNK (2007) – Vir haar vernuwende denke.
Sunday Times Literary Award (2007) – Vir Engelse vertaling (deur Michiel Heyns) van Agaat
CL Engelbrecht-prys vir letterkunde (2007) – Agaat
Hertzogprys vir prosa (2007) – Agaat
M-Net-prys (2005) – Agaat
WA Hofmeyr-prys (2005) – Agaat
Universiteit van Johannesburg-prys (2005) – Agaat
Nomaprys vir publikasies in Afrika (1995) – Triomf
CNA-prys (1995) – Triomf
M-Net-prys (1995) – Triomf
Ingrid Jonker-prys (1978) – Sprokkelster
Eugène Marais-prys (1977) – Sprokkelster
Lys van publikasies
Poësie
1977 Sprokkelster, Human & Rousseau
1983 Groenstaar, Human & Rousseau
2013 Kaar, Human & Rousseau
Prosa
1992 Die vrou wat haar verkyker vergeet het, HAUM-Literêr
1995 Triomf, Queillerie
2004 Agaat, Tafelberg
2006 Memorandum (met skilderye van Adriaan van Zyl), Human & Rousseau
2010 Die sneeuslaper, Human & Rousseau (kortverhale)
2013 Kaar, Human & Rousseau (digbundel)
Vertalings
Die vrou wat haar verkyker vergeet het (1992)
Nederlands: De vrouw die haar verrekijker had vergeten
Luister hier na ‘n video-greep van ‘n onderhoud met Marlene van Niekerk.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]