The breaking of the vessels
‘n Glas breek net voor sonsopkoms
my houer vol penne staangemaak
langs ‘n blikkie Doom en Zippo fluid.
Voor die stad eiesinnig begin opbreek
in klanke van haweloses se geroep,
‘n voël se gesang en nou om 4 vm:
rotte, glo nokturniese diere, se geknaag.
En ek? Hou my besig met die ander dors,
soekend na insig via Wallace Stevens se gedig
nie oor idees nie, maar eerder na die ding-
likheid van alles: soos ‘n glas gebreek
simbool van sekerhede bly ont-breek.
© Joan Hambidge, 2024
