Piet van Rooyen is op 17 Julie 1953 in Vryheid in Natal gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en word in 1982 as dosent in Ontwikkelingstudies aangestel word. In 1983 behaal hy’n PhD-graad aan dié universiteit. In 1989 vestig hy hom in Namibië en aanvaar ’n pos by die Boesmanstigting naby Tsumkwe in die destydse Namibiese Boesmanland, of N//oaq!’ae, waar hy jag, leef en spoorsny. Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië en boer deeltyds met arabierperde, wild en beeste op sy plaas naby die Gamsberg.
Van Rooyen debuteer reeds in 1973 as digter met Draak op die Erf (HAUM). Sy volgende digbundel, Rondom ‘n Boorvuur, verskyn in 1983. Daarna publiseer hy verskeie prosawerke, waaronder die Die Spoorsnyer (1994) waarvoor hy die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romanprys en die CNA-debuutprys ontvang, en Die olifantjagters waarvoor hy die MNet-prys ontvang. Sy jongste digbundel is Kwansuis wat in 2008 verskyn. Kyk ook na Piet se Fotobeeld.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]