Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 August 202421 August 2024

Pirow Bekker. Noodshulp

 

Noodshulp

 

Wees jy, woord, nog my neutekraker,

nie los van as nie, nie lomp

betrekkend, oordrewe

peanutbevarker –

dis alles nie jou styl nie.

Jy wil juis die kans aangryp

om jou staal ten toon te stel.

 

Eers het ek gespeel,

want neute bied hul aan vir spel

en die heiligheid van kleur:

amandelboom maak die hemel groen

totdat die vrugte bruin aarde word

mak soos die trosse bome, opgeërd,

bevry word van die grond.

 

Hoe onkreukbaar lyk die neut:

uitdagend gedresseerde leiklip

wat nou koel in my hand kom nestel,

sonder voorgee, sonder verraad,

net deur die son en reën mishandel.

Hy haak gesellig aan by mensename,

soos met Okker wat twee toebroodjies bestel

terwyl hy dalk “okkerneute kraak” –

geen toets egter nie vir neutekraker.

 

Met vroue raak die uitspattigheid baldadig,

laat die jong ramme snuif en eenkant nies:

Akadamia is van inbors dame

en Pekan koppel skoonheid

aan die grasie van ‘n eend.

 

Ernstiger van allure raak die bedryf

met varkies in die bone

en die verskuilde kasjoe

as klanknabootsbaar, kindertrooster.

 

Al die voorgaande egter dowe neute

as dit kom by die ware toets, my kraker.

Alles wat ver gehou was, is nou hier, gestroop

tot “‘n harde neut om nog te kraak”,

en nie net netelig nie vir jou wat gebou is

vir enkel greep. Jy moet uit my gereedskapkis

voorbeeld trek uit kraaibek se haaktandvat,

die rondomtalieskroef van krokodil.

 

Ek haal jou oor, my makker. Met woord en daad

sal ons die glipglad bliksem van ‘n neut

neerlê in die plek

waar klein voëltjies nog waaghalsig pik

aan kossies op die krokodil se kaak.

 

© Pirow Bekker, 2024

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Pirow Bekker. Ashoop
Pirow Bekker. Voortgang →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • René Bohnen. Weerklink
  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d