Voortgang
Vryf die slaap uit jou oë,
behoedsaam, want drome skuil daaragter,
lê soos gister se sneeu
opgehoop teen Rietspruit se wal.
Kyk hoe die son skyn
op die opgehooptes en skones.
En hulle sal versmelt
om die littekens van die aarde te verplaas,
die harde trekke te versag.
Môre is nog ‘n dag
met genoeg wind en weer,
met genoeg syferwater wat na die sloepe stoot
om vandaar los te breek,
die sneeu weg te voer,
die oë opgeruim, gereed om nog ‘n nag te dra.
© Pirow Bekker, 2024
