Die hoop beskaam nie
Soms wil ek ‘n donker gedig skryf
so swart soos die hond
wat aan ons voordeur krap
‘n Siniese sin
wat selfs Bukowsi sal skok
Sporadies wil ek ‘n dodemars neurie
vir my ontslape kindersiel
en vir dae toe ek nog geweet het
hoe om te kniel
Soms wil ek ‘n lelike,
krom ding dig
maar ek kan nie…
want die bitter nasmaak van die lewe
is net te soet!
© Sarel van Zyl

So mooi verwoord!