Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 August 202427 August 2024

Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [35] – Vraaggesprekken met literaire agenten

 

 

 

“Ik ben een lezer met de buien van geestdrift en verontwaardiging van een lezer; ik ben geen voorlichter, en ik zou het niet willen zijn.” – du Perron

 

Versindaba publiceert onregelmatig het ‘Cahier van een lezer’. Op de letterkundige brug tussen Zuid-Afrika en de Lage Landen deel ik parafernalia in de geest van de gelijknamige kleinschalige boekprojecten van de Nederlandse schrijver E. du Perron. Het Cahier, waarvan later een boekpublicatie verschijnt bij Naledi, is een neerslag van leeservaringen op het gebied van Nederlandse en Zuid-Afrikaanse letteren.

 

#24 Vraaggesprekken met literaire agenten

 

DEEL 17 – In gesprek met Sonja Loots

In een vraaggesprek wordt actoren in de Afrikaanse literatuur gevraagd hoe zij hun rol beschouwen als literair agent, hoe en aan welke specifieke fluctuaties (literair, cultureel, maatschappelijk, economisch) het veld van de Afrikaanse letteren onderhevig is, welke uitdagingen zij persoonlijk ervaren als bepalend voor de actuele Afrikaanse letteren.

Gesprekspartners, tegelijk ook hoofdrolspelers in het Afrikaanse literaire gesprek, bekleden uiteenlopende rollen: schrijver, vertaler, uitgever, criticus, keurder, academicus. Eerst wordt gevraagd naar de institutionele functies en vervolgens gepeild naar ontwikkelingen in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap, welke wegen de betrokkenen zelf bewandelen in die trajecten van de literatuur en hoe het gesprek vandaag verloopt en/of welke de uitdagingen zijn voor de Afrikaanse letteren. Ieder gespreksgenoot spreekt natuurlijk in eigen naam, vanuit een particuliere positie en gericht op een persoonlijke esthetica, de institutionele rol van literair agent, van betrokken instantie in het vertoog over literatuur in een Zuid-Afrikaanse context.

Voor een toelichting bij het opzet van de interviews en een tweedelige inleidende tekst verwijs ik naar https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/. In de gesprekkenreeks zijn reacties opgetekend van Joan Hambidge, Johan Coetzee, Charl-Pierre Naudé, Marlies Taljard, Mercy Kannemeyer, Ilse van Staden, Eben Venter, Marita van der Vyver, Bernard Odendaal, Paul Kammies, Klara du Plessis, Alwyn Roux, Izak de Vries, Marni Bonthuys, Pieter Odendaal, Marius Swart, Andries Visagie en Ihette Senekal. Vandaag is Sonja Loots aan het woord.

 

1  Kun je het agentschap (“agency”) als literair betrokkene in het hedendaagse Afrikaanse literatuurlandschap becommentariëren? In het complexe systeem van literaire actoren, instanties en strategieën bekleed je naast velen hoe dan ook een eigen positie. Hoe zou je die rol zelf omschrijven?

 

SONJA LOOTS

My rol het deur die dekades dikwels verander en verskuif. Ek het op baie jong ouderdom as prosaskrywer debuteer met die novelle Spoor (Tafelberg, 1995); en ek het dit later opgevolg met Sirkusboere (Tafelberg, 2011). Hoewel altwee hierdie pennevrugte goeie resensies ontlok het en selfs bekroon is, is ek voorlopig veel eerder leser as skrywer. Ek het reeds van baie vroeg in my loopbaan gereeld resensies geskryf en was vir geruime tyd boekeredakteur van Rapport. Die drukmedia het toe nog op effens vaster bene gestaan en die pos het ’n mate van prestige en agentskap impliseer. Ek het in daardie tyd wyd gelees, met enorme plesier. Dit was egter ook ’n ontnugterende bekendstelling aan die politiek van resensies, die binnegevegte en die bekgevegte in die Afrikaanse boekbedryf. Dit was dikwels die uitgewers se taktieke en maniertjies wat verstommend was. Ek het mettertyd my loopbaan in die media vaarwel geroep en bemarkingshoof geword van die groot kommersiële uitgewer Random House (nou Random House Struik). In hierdie tyd het ek ferm van plan verander oor uitgewers en besluit dis eintlik skrywers wat totaal onmoontlik is! Van daar het ek die akademie betree en ’n pos as letterkundedosent aan die Universiteit van Kaapstad aanvaar, waar ek steeds werk. Ek het kort na my aanstelling my PhD aangepak en ’n ander soort leser geword, een wat nie net wyd lees nie, maar ook diep; en een wie se opinies nie in die media uitbasuin word nie, maar beredeneer word in vakartikels wat niemand eintlik lees nie. Het akademici agentskap? Op indirekte maniere seker wel. Ek het deur die jare op baie pryspanele gedien en is tans ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, waar ek saam met ander ’n stem kan laat hoor oor prystoekennings. As mederedakteur van Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek was ek miskien ook al ’n soort kanoniseerder. Deesdae skryf ek nog net af en toe resensies omdat ek eerlikwaar nie meer lus is vir al die konflik waarby ’n mens teen wil en dank betrek word nie. Op die oomblik voel ek die belangrikste werk wat ek doen gebeur stil-stil en agter die skerms: as studieleier en as dosent in lesinglokale waar ek ewe veel leer van my studente as hulle van my. Ek wil hê hulle moet agentskap kry.

 

2  Het gesprek over literatuur op het openbare forum wordt niet alleen bepaald door schrijvers, teksten en bijvoorbeeld de literatuurkritiek. Ook uitgeverijen, met zaakwaarnemers en managers, redacteurs, boekontwerpers en lectoren, of bijvoorbeeld literatuuronderwijs op school en aan universiteiten, bepalen naast tal van andere agenten het beeld van een literatuur(landschap). Welke poëticale visie of ideeën omtrent literaire producties verdienen (méér) aandacht in het huidige literair systeem?

 

SONJA LOOTS

Die resensiebedryf stem my tot kommer. Daar is te veel resensies wat óf totaal vanilla óf totaal geniepsig is. Die middelgrond het gekrimp. In die afgelope jare het die kykNET-Rapport-prys vir Boekjoernalis van die Jaar ’n positiewe invloed gehad, maar na my mening was die toetrede van Crito teenproduktief omdat dit resensente wat goeie werk sou kon doen, maar langtand is vir drama en onaangenaamheid, ontmoedig. Verder dink ek daar word nie genoeg navorsing gedoen oor Afrikaanse toneelstukke nie, en te min dramatekste word gepubliseer (maar ek begryp die dilemma van uitgewers wat winsgewend moet wees). Daar is baie wonderlike boeke vir jong, Afrikaanse lesers, maar nie genoeg vir jong volwassenes nie. Daar is te veel enorme geldpryse deur kultuurorganisasies aan bejaarde individue wat aan die einde van hul loopbaan staan terwyl studente sukkel om hul studies te bekostig, uitgewers sekere publikasies slegs kan regverdig indien dit op die een of ander wyse gesubsidieer word, en die departemente waar die skrywers en lesers van die toekoms opgelei word, die geld sou kon gebruik tot voordeel van meer as net één pryswenner.

 

3  Hoe zie je het hedendaagse landschap van een kleinere literatuur zoals die van het Afrikaans in een meertalige en multiculturele omgeving? Zijn er bepalende factoren en veranderingen die het gesprek over Afrikaanse literatuur vandaag anders maken dan gisteren?

 

SONJA LOOTS

Die wisselwerking tussen Afrikaanse en Nederlandse literatuur beleef ’n bloeityd, te danke aan rolspelers soos jyself, Yves. Die groeiende armoede in Suid-Afrika en die swak wisselkoers beteken egter dat die akademici en studente van Afrikaansdepartemente dit al hoe moeiliker vind om na Nederland en België te reis vir kongresse en studiereise. Dit het noodwendig ’n impak op die Neerlandistiek hier in die suide. Vir Europese akademici is dit meer bekostigbaar om hierheen te kom en ons verwelkom dit omdat hulle kennis en nuwe energie bring, maar selfs in hierdie era van aanlynmoontlikhede moet wisselwerking verkieslik nie neerkom op eenrigtingverkeer van noord na suid nie. Die koste van Nederlandse boeke vir Suid-Afrikaners help ook nie. Dankie tog vir die Nederlandse biblioteek en vir die subsidie en projekbefondsing aan Neerlandici in Suid-Afrika deur organisasies soos die Taalunie en die Internationale Vereniging vir Neerlandistiek!

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [34] – Vraaggesprekken met literaire agenten
Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [36] – Vraaggesprekken met literaire agenten →

1e kommentaar op “Yves T’Sjoen. Cahier van een lezer [35] – Vraaggesprekken met literaire agenten”

  1. Alwyn Roux says:
    27 August 2024 at 19:25

    Ek stem heelhartig saam oor Sonja se bekommernis rakende die resensiewese en dat die belangrike werk juis “stil-stil en agter die skerms” gedoen word. Ook het ek groot agting vir haar beywering om studente te wil bemagtig om agentskap te hê.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d