They shoot horses, don’t they?
My suster laat weet ‘n klavierstemmer gaan inkom;
sy wil elke dag die Maanligsonate speel: foutloos.
Vroegoggend soek die bank na ‘n ander: spoorloos
verdwyn met die notules van ‘n vergadering aangekom.
Gisternag smelt die sneeu op Tafelberg, ja troosteloos
hierdie winter sonder enige hoop van lente se koms.
In my komvandaan is daar ten minste nou ontvlugting
met musiek, maar hier met ‘n kopmus, geen verligting.
Naasvolgend is die liggaamlose taal, aldus onse Liesbet,
al wat kan red uit die banaliteite én koue; dalk ‘n gebed?
L’envoi
Ek hoor jou vra: waarom alweer sóveel gedubbelpunt?
Maak die gedig naatloos en veerlig tot by die laaste punt.
© Joan Hambidge, 2024

Boeiend.