Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 September 2024

Joan Hambidge. Susan Sontag / Roland Barthes Deel II

 

I

Wanneer Susan Sontag die erotics of art verkies bó ‘n hermeneutiese een, aktiveer sy Roland Barthes (1915 – 1980) se The pleasure of the text wat in 1973 verskyn het. Plesier, soos wat psigoanalise dit sien, het te make met representasie, met afwagting en hierom moet dit uiteindelik of uiteraard op teleurstelling uitloop. Barthes noem dit boeke van Begeerte (Desire) eerder as Plesier (Pleasure).

Barthes had ‘n enorme invloed op my vorming as literatuurkritikus. Plaisir (plesier) teenoor  jouissance (bliss). Die sogenaamde lisible (readerly) teks teenoor die scriptible (writerly) teks. In laasgenoemde teks beweeg die leser buite die kodes van passiwiteit na die ‘n aktiewe posisie as mede-skrywer. Veral in sy studie S/Z (1970/1974) illustreer hy hierdie prosesse.

Hy wys op vyf kodes wanneer hy die teks Sarrasine lees: hermeneutic, action, symbolic, semic, and historical. (Ons sal hierna terugkeer in ‘n verdere aflewering).

 

II

Nou met die ontmaskering van Crito in die pers, wat dikwels snedig verwys het na my gebruik van die begrip jouissance, is dit weer relevant om Barthes te lees.

https://www.litnet.co.za/en-ek-is-nog-hy-2/ Besoek 8 September 2024

Crito is ‘n resensent-van-resensies (selfs met ‘n skoolvosserige puntetelling) en beslis nie ‘n literatuurwetenskaplike of -teoretikus nie. Wat sonder skroom bely dat hy nie die boek gelees het nie, maar die resensie gaan beoordeel. Hieroor moet lesers maar self besluit. Dit klink soos ‘n student wat opmerk in ‘n klas: “Hoewel ek nie die boek gelees het nie, dink ek …”.

Laurent Binet se The 7th function of language verskyn in 2017. Dit is vertaal deur Sam Taylor.

So het hierdie leser dit indertyd geresenseer:

 

 

 

In 1980 sterf die bekende teoretikus Roland Barthes toe ‘n wasgoedlorrie hom omry. Barthes se bekende essay “The death of the author” (1967) is een van die belangrikste strukturalistiese tekste wat vra vir ‘n fokus op die teks.

Die dood van die skrywer bedui immers die geboorte van die leser.

In 2017 verskyn ‘n roman The seventh function of language van Laurent Binet waarin die dood van Barthes ondersoek word in ‘n aweregse speurverhaal. Die roman is so geskryf dat sowel gewone lesers as teoreties-geskooldes dit sal geniet. Dit lees soos ‘n hop on/hop off op ‘n teoretiese bus met oogknippe na Umberto Eco se The role of the reader en Julia Kristeva se Desire in language. En Barthes se sieninge oor die skryflike en leesbare teks. Die roman lees soos ‘n who’s who van literatuurteoretici: Derrida, Jonathan Culler, Sollers, Searle, Judith Butler …

Roman Jakobson se bekende sieninge oor die funksies van taal word hier verder gevoer: die sewende een behoort tot die domein van die okkulte. En waarom skeur Kristeva daardie nota op? Weet sy meer as wat sy te kenne gee?

Daar is ‘n kongres by Cornell te Ithaca en die literêr-teoretiese dosent sal die roman kan voorskryf om al die strominge binne die filosofie en teorie te verduidelik.

Veral Barthes se vraisemblance (vrai = waar) is tersaaklik vir die lees van hierdie roman. Hoe sal die geskryfdes voel oor die stekies wat na hul uitgedeel word? Daar word soms intens persoonlike inligting openbaar en die venyn loop dik. Camille Paglia en Judith Butler loop erg deur. Soms wonder die speurder se adjunk of ons maar net karakters in ‘n roman is. Maar dis die hele punt van die roman: as die postmodernisme alles tot teks verklaar is hierdie oorskrydings mos fyn?

‘n Mens moet bepaald die skrywer bewonder vir sy enorme kennis en juistement het wyle Barbara Johnson ‘n studie geskryf oor groot teoretici se lewens: Jakobson was ‘n rokjagter; Barthes het saans in vroueklere die strate van Parys bewandel. Foucault was lief vir stoombaddens en drugs, glo.

Satires van die akademie is volop: David Lodge se Changing Places, o.a. en Malcolm Bradbury se tekste, soos Mensonge (Arena, 1987). Patricia Duncker se Hallucinating Foucault (Cox & Wyman, 1996) is eerder akademies-onthullend as satiries.

“All this must be considered as if spoken by a character in a novel”, skryf Barthes in sy outobiografiese -biografie Roland Barthes deur Roland Barthes, daardie baken uit 1977.

Bekende politici (en hulle gekonkel) vorm deel van die plot: Giscard d’Estaing en Mitterrand. En selfs tennis, o.a. Lendl versus Borg …

Jacques Bayard en sy assistent Simon Herzog (wat resoneer met Saul Bellow se karakter Moses Herzog) is op ‘n soektog na die verlore dokument. Indien Barthes wel so ‘n belangrike dokument by hom gehad het, wat dan?

Die roman resoneer met die moderne wêreld se beheptheid met samesweringskomplotte. En dit vra belangrike vrae oor wat as alles maar net ‘n floating signifier is.

Hoekom word daar ‘n hand afgekap? Is dit dalk ‘n verwysing na Barthes se beheptheid met die skrywershand? Of is die motto van Jacques Derrida dalk die wenk? Dat ons almal interpreteer vanuit ons eie ruses – dalk met die idee om te kroek? En hoe gemaak as jy ‘n karakter in ‘n roman is en die wrede verteller knou jou af?

Dit is ‘n paper chase van formaat. Teen die einde raak dit ‘n bietjie iets van af-show-ery. Apokaliptiese einde (selfs distopies) wanneer dit afspeel in Napoli.

http://joanhambidge.blogspot.com/2018/03/resensie-laurent-binet-7th-function-of.html  Besoek 8 September 2024

 

III

Dalk behoef ons nou ‘n roman oor die uitgewersbedryf? Waar uitgewer, redigeerder, raadgewer, lid van ‘n pryskomitee kommentaar lewer op die boekebedryf met binnekennis? En boonop blakertekste skryf? Een-en-dieselfde man?

Dalk ‘n satiriese roman getitel Daar is as op jou toon, Giel?

 

Of ‘n Polka in Majorka?

“All this must be considered as if spoken by a character in a novel” by Roland Barthes in sy outobiografiese-roman Roland Barthes par Roland Barthes word by Binet verander na “Life is not a novel”.

Ruses dan soos in trieks en mensonge soos in leuens.

Binet ontmasker in sy roman eweneens ‘n binnekennis van die bedryf.

Genadiglik is daar nog intellektuele wat hierdie soort dubbelspraak ontmasker.

 

Joan Hambidge

Kaapstad

8 September 2024

 

Bronne:

Barthes, Roland. 1973/1975. The pleasure of the text. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Miller.

– 1970/1974. S/Z: An Essay. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Miller.

– 1977/ 1980. Roland Barthes. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Howard.

Binet, Laurent. 2017.  The 7th function of language. Londen: Harvill Secker.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Susan Sontag Deel I
Joan Hambidge. Roland Barthes: La mort de l’auteur →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d