Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 September 202416 September 2024

Joan Hambidge. Roland Barthes: La mort de l’auteur

 

I

Die dood van die skrywer is die geboorte van die leser.

Die literatuurteorie fokus in die 19e eeu op die skrywer; hierna met die strukturalisme in al sy gedaantes, word die teks die uitgangspunt en in die sestigerjare word die leser die fokuspunt in die resepsie-estetika of reader response theory. Vandag is daar ‘n samehang tussen teks, leser en skrywer. Onderhoude met skrywers kan onbewustelik of onbedoeld die intensie van die skrywer aktiveer of verduidelik.

In Barthes se Roland Barthes par Roland Barthes skryf hy ‘n outobiografie in die derdepersoon. Oor sy lewe en teoretiese standpunte. Alles moet gelees word asof dit ‘n karakter in ‘n roman is wat hier aan die woord is. Lesers betrek al sy ander tekste in hierdie komplekse geskrif.

Hier illustreer hy presies wat hy bedoel het met die dood van die skrywer en die leser se gesag. Die teks is ‘n versameling van aanhalings (“tissue (or) fabric of quotations” uit verskillende kulture (sisteme) en bepaald nie net uit een persoon se ervaring nie. Hierom is die teks se eenheid nie verbind aan die skrywer of sy inspirasie nie, maar lê dit eerder by die leser. Die outeur of skrywer is net ‘n “scriptor”.

Ná sy dood het Jacques Derrida ‘n artikel geskryf wat heet:”The deaths of Roland Barthes” met verwysing na die verskillende teoretiese standpunte wat hy telkens ingeneem het.

II

Die dood van die ingeligte leser is die geboorte van chaos, kan ‘n mens byvoeg. Lesers wat nie boeke lees nie, maar tóg ‘n oordeel uitspreek, gegrond op ander se besprekings, sou Barthes gegru het.

(Of ‘n siening dat belangrike verwysings in die teks nie nagespeur hoef te word nie.)

Die “ek”,  wat ‘n teks oopmaak, is alreeds ‘n versameling van ander tekste.

“The “I” that approaches the text is already a plurality of other texts, of codes which are infinite …” skryf hy in S/Z (16-17). Oorspronklik in Frans gepubliseer in 1970 en vertaal in 1974. Jonathan Culler het ‘n uitstekende boek geskryf oor Roland Barthes, soos Philip Thody en Annette Lavers, o.a.

Die begrip doxa, oftewel ‘n populistiese opinie, is dit waarvan die leser hom- of haarself moet bevry. ‘n Sterk teks kan die leser manipuleer en intimideer

Hierdie kritiese anatagonis, soos Wayne Booth hom genoem het, was ‘n idiosinkratiese leser, maar ook ‘n opgeleide linguis.

Writerly (scriptible) en readerly (lisible). Telkens homself vernuut: enersyds ‘n semioloog, andersyds ‘n sibariet wat op reise gaan na Japan, skryf oor die dood van sy moeder; en selfs modeverskynsels gelees as ‘n taalsisteem.

“To unwrite the world”, som Culler dit goed op op bladsy 57 met verwysing na Barthes se lesings van Sollers se tekste. Goeie skrywers is logothetes of skeppers van ‘n eie taalsisteem (1983: 49).

Ek keer by herhaling terug na Barthes om letterkundige tekste en verskynsels te verstaan.

 

Joan Hambidge

Kaapstad

14 September 2024

 

Bronne:

Barthes, Roland. 1988. “The death of the author” in David Lodge (red.) Modern criticism and theory – a Reader. Londen: Longman.

– Roland Barthes. Londen: MacMillan. Vertaal deur Richard Howard.

– 1970/1974. S/Z: An Essay. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Miller.

– 1973/1975. The pleasure of the text. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Miller.

– 1971/1976. Sade/Fourier/Loyola. New York: Farrar, Straus and Giroux. Vertaal deur Richard Miller.

– 1953/1967. Writing degree zero. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Annette Lavers en Colin Smith.

Culler, Jonathan.  1983. Roland Barthes. Londen: Fontana.

Derrida, Jacques. 1988. “The Deaths of Roland Barthes”. https://philpapers.org/rec/DERTDO-2 Besoek 14 September 2024

Lavers, Annette. 1982. Roland Barthes: Structuralism and After. Londen: Methuen.

Thody, Philip.  1977. Roland Barthes: a Conservative Estimate. Londen: MacMillan.

 

Roland Barthes

 

Linkshandig skryf jy

teen die doxas van jou tyd

in én op reis in Japan is jou

L’Empire des signes dié gids vir my

ten einde ‘n land, verhul in kodes,

oop te maak. Veral hoe jy

opstand en rusies sien as

‘n kanker van taal: tuberkulose

agtervolg jou lewenslank; dog die plesier

van musiek, soos skryf, verlos jou

uit die monsters van totaliteit: vir my

L’amour et la Folie. En La Chambre claire.

Die grein van jou stem bekoor en verplaas

nes die éraflures wat jy stilweg oor alles plaas.

 

© Joan Hambidge

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Susan Sontag / Roland Barthes Deel II
Resensie: “Liefde en verset” (André le Roux) →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Roland Barthes: La mort de l’auteur”

  1. Jannie Pretorius says:
    17 September 2024 at 07:22

    Met groot plesier gelees. Meesterlik en inspirerend.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d