Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 September 2024

Joan Hambidge. Roland Barthes:  “Empire of Signs / L’Empire des Signes”

 

I

Barthes se Empire of Signs verskyn in 1982. Oorspronklik in 1970 as L’Empire des Signes.

 

In ‘n afdeling “Center-City, Empty Center” skryf hy oor die afwesigheid van straatnommers. Barthes wys daarop dat ‘n stad sonder ‘n sentrum ongemak veroorsaak. Die sentrum is dit waarna ons terugkeer. Tokio is ‘n paradoks: daar is ‘n sentrum, maar dit is leeg. Huurmotors vermy dit en ry óm die sentrum.

In ‘n “perpetual detour”.

“In this manner,” skryf hy op bladsy 32,” we are told, the system of the imaginary is spread circularly, by detours and returns the length of an empty subject.”

Wat is hierdie boek? ‘n Reisgids? ‘n Semiologiese handboek? ‘n Meditasie?

‘n Boek wat die geheimenisse en verskillende kodes van Japan verduidelik. Op ‘n reis deur Japan was dit ‘n handige gids. Toe ek verdwaal in Tokio, neem ‘n man my terug na die hotel wat die vreemdeling nooit sou gevind het nie.

—————————————————————————————————————————————

Die liefde met haar

‘n Mount Fuji hoog met sneeu

koud, bitter ysig

maar binne waar niemand sien

‘n sluimerende vulkaan

 

*

 

haal die sinkansen

oor die ver Japan vreemd

ek wis bepaald nie

hoe alles sou duur en duur

in ‘n reis andersoortig

*

van Nagasaki

tot Kyoto, Osaka

Hiroshima, Tokio –

klink poësie alreeds op

in hierdie vreemde name

 

Uit Ruggespraak hierdie verse en in Meditasies word daar eweneens besin oor Japan.

 

 

https://lareviewofbooks.org/article/ways-seeing-japan-roland-barthess-tokyo-50-years-later/

Besoek 24 September 2024

 

II

Barthes wys op die voortdurende verandering in Japan: niksheid teenoor die uitbundige of uitwaaierende kode. Die reisiger word ingeneem (eintlik ingesluk) in ‘n nuwe dialektiek van taal.

As linguis lees hy alles in terme van semantiese groeperinge.

Die tipologie van tekens (“Millions of Bodies”).

Ons sien dit ook in die afdeling “Packages”: die netjies toegedraaide geskenk. Waar die manier wat dit gedoen is, meer beteken as die geskenk. Binne-in ‘n onbenullige iets.

Die spel pachinko is ‘n eensame en kollektiewe spel. “Pachinko” ‘n balspel. Barthes wys hoe dit verskil van Westerse speletjies. Iets tussen pinball en ‘n slotmasjien.

“Skill and luck.”

https://www.wikihow.com/Play-Pachinko  Besoek 24 September 2024

 

Dieselfde geld die digkuns. Gelukskoot en tegniek. Tegniek en gelukskote.

 

III

Barthes maak van Japan sy eie sisteem.

26 fragmente waarin hy sy utopia vir ons beskryf: “where artifice reigns. Forms are emptied of meaning, and all is surface”, skryf Jonathan Culler in Barthes op bladsy 105.

In ‘n periode waar sy intellektuele tydgenote Mao Tse-Tung en die Sjinese kulturele rewolusie gepromoveer het, idealiseer hy Japan. “Whatever its reality, Japan put Barthes ‘en situation d’écriture’ (in a writing situation)”.  (‘n Transgressie in daardie tyd; vandag kyk ons anders hierna.)

Kos, teater, gesigte, ooglede, haiku, skryf geplaas teenoor skilder, adresboeke, chopsticks, Japanese teenoor Franse woorde:

Fatigué : tsukareta

(Empire of signs: 37)

Elke ontdekking hier is intens en fragiel.

Dit kan net “recovered” word deur herinnering en die spore wat dit in jou gelaat het.

Barthes verbeeld vir ons hier die grammatika van reis.

Alles gebeur en vind vir hom deur die skryfproses plaas, bely hy in Le Grain de la voix op bladsy 245.

Die grein van die stem.

En so moet ons dan kyk na die ander “empire of signs” te wete Stellenbosch:

http://joanhambidge.blogspot.com/2024/09/rubriek-joan-hambidge-wilgenhof-en-die.html

Besoek 23 September 2024

Joan Hambidge

24 September 2024

 

Bronne:

 

Barthes, Roland. 1970/1982. Empire of Signs. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Howard.

–  Le Grain se la voix: Entretiens 1962 – 1980. Parys: Seuil.

Culler, Jonathan.     1983. Roland Barthes. Londen: Fontana.

Hambidge, Joan. 2002. Ruggespraak. Pretoria: Protea.

–  Meditasies. Kaapstad: Human & Rousseau.

 

 

Endnote:

 

http://joanhambidge.blogspot.com/2024/09/rubriek-joan-hambidge-wilgenhof-en-die.html

Besoek 23 September 2024

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Resensie: “Liefde en verset” (André le Roux)
Joan Hambidge. Roland Barthes deur Roland Barthes →

2e gedagtes oor “Joan Hambidge. Roland Barthes:  “Empire of Signs / L’Empire des Signes””

  1. Johannes Campher says:
    27 September 2024 at 19:02

    Tegniek, onthou/ belewenis, die gedig is die intensifering en samekoms en ter ruste lê daarvan.

    Reply
  2. Marlies Taljard says:
    25 September 2024 at 10:35

    Wat ‘n briljante sprong van Barthes na Wilgenhof! Hierdie rubrieke is eenvoudig fassinerend! Dankie daarvoor!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d