Krap
Die krap, sê digter Ted Hughes,
is God se enigste speelding.
By die spruit het ’n krappie rats
weggeskartel, maar in my hand
gevang voor hy in die loop glip
en huis toe gebring, lank beskou
en in ’n oopgesnyde olieblik
soos speelgoed van my vertroetel
tot een knyper afgebreek het.
© Johann Lodewyk Marais, 2024