Woorde wat weef
die garing van sy woorde
hou die heelal in die lug
swaartekrag op aarde
koorde wat afwaarts druk
selfs tussen sterrestelsels
wat die maan
in ‘n wentelbaan stik
is ook die mens geweef
uit sy ongevormde klomp
bloed links en regs
deur ‘n hart gepomp
sou al die vaartuie
punt tot punt verbind
twee keer
‘n sirkel om die aarde vind
die krag van sy woord
wat ewig staan
my aller hoogste skuiling
onvergaan
© Margaret Cordier