“The reader will easily see where I stand”.
Mythologies.
I
Die teoretikus Annette Lavers wys in haar uitgebreide studie Roland Barthes: Structuralism and After op die inhiberende faktore van sy lewe beskryf in Roland Barthes deur Roland Barthes: die moeder ontvang geen finansiële steun as weduwee nie en word ‘n boekbinder in Parys; die seksuele buitestaanderskap wat nooit vermeld word nie en van die leser ‘n voyeur maak; hy is linkshandig; ‘n religieuse outsider as Protestant in ‘n Katolieke land; weens sy siekte kon hy net ‘n eerste graad voltooi, wat ‘n vaste pos aan ‘n universiteit bemoeilik het; ongesteldheid het verhoed dat hy oorlog toe kon gaan. Hy beleef véral ‘n linguistiese buitestaanderskap: “since the language of the intellectual exposes him to a quasi-racial kind of exclusion” (1992: 206 – 207).
Die impak van sy jeug word telkemale herbesoek.
Hierdie afdeling heet “The body under the body”. Sy siekte is dat hy taal kan sien. Philip Thody beklemtoon hierdie aspek in sy studie uit Roland Barthes: a Conservative Estimate (1977: 18).
Kan self-refleksiewe skryfwerk verstaan word of is dit toegesluit in sigself soos die werk (taal) van ‘n mal man (Roland Barthes: 1977: 114)?
Sowel A Lover’s Discourse as Roland Barthes erken diskursiewe én teoretiese eensaamheid, wys Lavers uit (1992: 212).
En sy beklemtoon verder dat hy deurgaans bewus is van sy ónoplosbare teenstrydighede. Iets wat hierdie leser in al sy tekste raaksien. Met elke teks word die voorafgaande sieninge verander of gedekonstrueer.
Lavers gee ‘n handige biografiese oorsig van sy lewe en belangrike mylpale word hier uitgelig:
Die baccalauréat behaal hy in 1933 en 1934.
In 1935 tot 1939 studeer hy aan die Sorbonne in Klassieke tale en Frans. Sy MA handel oor die Griekse tragedie.
In 1934 word tuberkulose by hom gediagnoseer en in 1943 tot 1945 word hy ‘n tweede keer opgeneem in ‘n sanatorium waar hy begin met mediese navorsing om psigiater te word. In 1948 tot 1949 gee hy klas in Boekarest en vanaf 1949 tot 1950 in Egipte aan die Universiteit van Alexandrië. Hy doen daarna belangrike werk as raadgewer vir buitelandse sake en opvoedkunde. In 1966 is hy besoekende professor aan Johns Hopkins Universiteit. In 1967 gee hy klas in Japan en in 1969 tot 1970 aan die Universiteit van Rabat in Marokko. In 1976 word hy professor aan die Collège de France as hoogleraar in “Sémiologie littéraire”. ‘n Pos wat hy beklee het tot sy dood op 26 Maart 1980. (1992: 266, 267).
Buitelands en binnelands.
Hy verdedig ook Brecht se tekste en teorieë met die eerste besoek van die Berliner Ensemble se besoek aan Parys in 1954.
‘n Kode om Verfremdung in Roland Barthes te verstaan?
‘n Beweging tussen die “dood van die outeur” tot die lewe van die outeur. Sy tekste gee die volledige geskiedenis weer van literatuurteorie: fokus op die teks as tekensisteem tot die resepsie van die teks en die plesier van lees. Politieke analises en psigoanalise. ‘n Soeke na die grein van die stem. En sémanalises soos in S/Z. ‘n Uitvloeisel van ‘n seminaar met sy studente. Die sogenaamde starred text.
Hy is hedonis en strukturalis. Met verwysings na Lacan en Kristeva. Natuurlik ook Sollers. (En vele ander teoretici, te veel om op te noem.)
Anaclisis (étayage) oftewel die afhanklikheid van ander (soos die moeder), maar ook die voortdurende gesprekke met tydgenote teenoor ‘n gevoel van isolasie.
II
Lavers het Barthes vertaal en in Tel Quel, 47 (1971) verduidelik sy haar vertaalprosesse:”En traduisant Barthes”. Sy het Mythologies vertaal wat in 1957 verskyn het.
Lavers se artikel is relevant, veral in hierdie tyd waar daar verskillende sieninge oor vertaling heers op hierdie webblad. Die oorbruggingstaal is belangrik, maar dit moenie die eerste vertrekpunt wees nie. Ten minste moet die vertaler ‘n eerste of moedertaal-spreker raadpleeg as hy/sy nie die brontaal ken nie. Vertalings is verraaiers, het Uys Krige gewaarsku. Anders mag daar dalk catachresis insluip:
Catachresis is a rhetorical term for the inappropriate use of one word for another, or for an extreme, strained, or mixed metaphor often used deliberately.
https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=catachresis Besoek 4 Oktober 2024
Lavers verwys na konsepte soos accismus, catachresis, ellipsis, antiphrasis (1992: 73).
Haar vertaling van Barthes is vloeiend: à ciel ouvert, in Barthes se eie terme (1992: 76). ‘n Lewe sonder vertalings is ondenkbaar.
Oor hierdie problematiek het Richard Higgs (UCT) insigryk geskryf met my as studieleier:
https://open.uct.ac.za/items/55e48f94-2fa3-4ed5-b4e6-87699513ce51 Besoek 4 Oktober 2024
Anna Akhmatova se gedig “Posledniy tost” (“The Last Toast”) word besoek en evalueer.
Hy lees vier verskillende vertalings uit die Russies, as kenner van die taal.
Hier is die gedig:
Last Toast by Anna Akhmatova
Translated from the Russian by Katie Farris and Ilya Kaminsky
I drink to our ruined house
To the evil of my life
To our loneliness together
And I drink to you—
To the lying lips that have betrayed us,
To the dead-cold eyes,
To the fact that the world is brutal and coarse
To the fact that God did not save us.
https://losangelesreview.org/last-toast-anna-akhmatova/ Besoek 4 Oktober 2024
Ons het vele vertalers in Afrikaans: Fanie Olivier, Daniel Hugo, Wium van Zyl, Naòmi Morgan, Johann Rossouw, H.J. Pieterse, en vele meer.
Van die problematiek word hier bekyk:
http://joanhambidge.blogspot.com/2020/09/resensie-hugo-claus-die-verdriet-van.html Besoek 4 Oktober 2024
Derrida het vele kollokwiums gereël en die vertalings van sy werk (o.a. deur Barbara Johnson en Spivak) maak ons bewus van ‘n komplekse gesprek.
Hierom is die werk van Henning Snyman en Ina Gräbe bakens in die literatuurteorie. En Snyman kon o.a. Goties lees.
Joan Hambidge
27 September tot 4 Oktober 2024
Bronne:
Barthes, Roland. 1953/ 1972. Mythologies. New York: Farrar, Straus & Giroux. Vertaal deur Annette Lavers.
– 1970/1974. S/Z: An Essay. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Miller –
– 1975/1977. Roland Barthes. Londen: MacMillan. Vertaal deur Richard Howard.
– 1977/1979. A Lover’s Discourse: Fragments. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Howard.
Lavers, Annette. 1992. Roland Barthes: Structuralism and After. Londen: Methuen.
Thody, Philip. 1977. Roland Barthes: A Conservative Estimate. Londen: MacMillan.
Tenor en vehicle
Ina Gräbe
Vanoggend soek ek raad
by jou, kenner van die metafoor.
‘n Botsing op Kloofnek, gistermiddag
daar waar die paaie kruis berg op;
alle verkeer uit die stad geblokkeer
met ‘n lorrie botsend teen ‘n muur,
‘n motor ónderstebo. Laat-
middag vele ambulanse,
selfs die brandweer se sirenes
loeiend klankmatig skril hieroor.
Parallelismes, koppeling, selfs
klankherhaling in hierdie gedig,
waar die tenor en vehicle nog
fokusekspressie mis. Die digter
bly steeds wonder: had die vehicle
(lorrie) geen rem of was die tenor
(die ongeluk) ónafwendbaar
‘n golden shot? Of die dood
‘n ongeluk soekend na
‘n plek om te gebeur?
© Joan Hambidge