Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
14 October 202414 October 2024

Joan Hambidge. Barthes en die isotopie  

 

I

Annette Lavers wys in haar studie Roland Barthes: Structuralism and After op die ingewikkelde spel van isotopie met ‘n analise van ‘n koeplet van P. J. Toulet. Sy leen dit by Groupe ų (die Groupe de Liège) in 1977:

 

Étranger, je sens bon. Cueille-moi sans remords:

Les violettes sont le sourire des morts.

 

(Stranger, I smell sweetly. Pick me without remorse:

Violets are the smile of the dead.)

(1992: 188).

 

Blom, dood, liefde, logos (dus alles wat te make het met kommunikasie) is die vier isotope wat uitgewys word in hierdie teks.

Die teks is dubbelsinnig: die spreker is ónbekend (anoniem) soos die omstandighede róndom die gegewe.

Die sogenaamde “causal structure” – met die elliptiese aard – bied verskillende interpretasie-moontlikhede vir die leser.

Die analise van Lavers staan in die afdeling “A whole landscape in a bean”.

Die vraag is: kan ‘n mens nog strukturalisties kyk na ‘n koeplet of kort gedig? Of is die leser reeds deur post-struktralistiese teorie beïnvloed?

(a) Hierdie gedig van Toulet roep assosiasies op (vir hierdie leser) met Blanche in A streetcar named desire (1947) van Tennessee Williams. Die Mexikaanse vrou wat blomme verkoop, is morbied. Dit simboliseer eweneens die tragiese einde waarop alles afstuur.

(b) Ook Lien Botha, fotograaf en skrywer, se ironiese gebruik van blomme word hier geaktiveer.

https://www.netwerk24.com/netwerk24/lien-botha-ons-moet-vrede-maak-met-verlies-en-verlorenheid-20210423  Besoek 11 Oktober 2024

By haar word die viooltjies in die voorhuis geweertjies.  Die verwysing na Leipoldt se klassieke “Oktobermaand” is tersaaklik:

 

Louis Leipoldt (1880-1947)

OKTOBERMAAND

 

Viooltjies in die voorhuis,

Viooltjies blou en rooi!

Viooltjies oral op die veld,

En orals, ai, so mooi!

 

Dit is die maand Otober,

die mooiste, mooiste maand!

Dan is die dag so helder,

so groen is elke aand,

So blou en sonder wolke

die hemel heerlik bo,

So blomtuin-vol van kleure

die asvaal ou Karoo.

(…)

https://scrapydo.wordpress.com/2013/10/01/oktobermaand-c-louis-leipoldt/  Besoek 11 Oktober 2024

(c) Barthes – via Lacan – luister met die derde oor vir sluimerende betekenisse en implikasie in ‘n teks. Letterlik die “les mots sous les mots”, oftewel die verwysing na Jean Starobinski se titel vir De Saussure se anagramme (1992: 193).

(d) Hoe verskil die anagram van die koeplet?

Anagram:

(Gr. anagrammatizein = letters van een woord in een andere orde zetten < gramma = letter). Woord of woordgroep gevormd door omkering of willekeurige herschikking van de letters van een gegeven woord of woordgroep. Het procedé vindt zijn oorsprong in het Oosten, waar kabbalisten en andere religieuze genootschappen aan lettercombinaties een magische betekenis toeschreven. In het Westen ging men het veeleer als een spel beschouwen en heeft men er o.m. een middel in gevonden om een pseudoniem te vormen. Tal van Nederlandse voorbeelden vindt men in Opperlans van Battus. Zie ook woordspel.

https://www.litterm.co.za/2015/03/02/anagram/  Besoek 12 Oktober 2024

en:

1

a word or phrase made by transposing the letters of another word or phrase

The word “secure” is an anagram of “rescue.”

2

anagrams plural in form but singular in construction : a game in which words are formed by rearranging the letters of other words or by arranging letters taken (as from a stock of cards or blocks) at random

https://www.merriam-webster.com/dictionary/anagram  12 Oktober 2024

An anagram is a word or phrase formed by rearranging the letters of a different word or phrase, typically using all the original letters exactly once.

https://en.wikipedia.org/wiki/Anagram   Besoek 12 Oktober 2024

Koeplet:

Koeplette kan geslote of oop wees. By ‘n geslote koeplet is daar ‘n pouse aan die einde van albei reëls, en by ‘n oop koeplet word die betekenis van die eerste reël in die volgende voortgesit.

https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=koeplet Besoek 12 Oktober 2024

II

Étranger, je sens bon. Cueille-moi sans remords:

Les violettes sont le sourire des morts.

 

(Stranger, I smell sweetly. Pick me without remorse:

Violets are the smile of the dead.)

 

Letterlike vertaling:

 

Vreemdeling, my geur is soet. Pluk my sonder skroom:

Viooltjies is die glimlag van al gestorwenes.

 

Dit is ónmoontlik om dieselfde metriese en rympatroon in Afrikaans te volg.

 

III

Ek kyk weer en skryf hierdie vers:

 

Kwatryn

 

Geslote of oop glo is ‘n koeplet:

‘n Pouse aan die einde, die geslote een;

Die oop een verplaas, beweeg en stik aaneen.

Dan eerder ‘n kwatryn as jy fyn-fyn let.

 

Lavers en Barthes maak ons daarop attent dat elke woord tel in ‘n gedig. In die kort gedig wys die foute duideliker uit. En die anagram? Dit help om te kyk na ander vorme wanneer ‘n mens nadink oor die digkuns. En dit het Opperman ryklik geïllustreer in Kuns-mis.

‘n Gedig verpak met soveel implikasie en toespelings.

Johann de Lange dig in Miniatuur soos volg:

 

‘n Skadu leng

 

Dáárdie sipres gooi ’n skadu oor

die tuin se laatlig-op-donkergroen,

reik na waar wyd oop blomkelke teug

aan die son soos aan ’n bloedlemoen.

 

102 kwatryne perfek verpak.

En Barthes se stylaanslag in Roland Barthes bewys hoe belangrik die epigram vir hom was.

Text of the Dead: a litaneutical text, in which no word can be changed (1977: 149).

Joan Hambidge

 

13 Oktober 2024

 

Bronne:

Barthes, Roland.   1975/1977.  Roland Barthes. Londen: MacMillan. Vertaal deur Richard Howard.

De Lange, Johann. 2024.           Miniatuur. Gansbaai: Naledi.

Lavers, Annette.    1992.           Roland Barthes: Structuralism and After. Londen: Methuen.

Opperman, D.J.     1964.           Kuns-mis. Kaapstad: Human & Rousseau.

Thody, Philip.         1977.          Roland Barthes: A Conservative Estimate. Londen: MacMillan.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Barthes verder via Annette Lavers
Joan Hambidge. Roland Barthes en sémanalise →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d