Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 October 2024

Joan Hambidge. Damaskus

 

Damaskus

 

I

Paulus, Apostel van die heidene,

laat ongeveer dertien briewe na

as eerste Christelike teoloog.

Augustinus, Luther en Karl Barth eer

hom. In Zwei Glaubensweisen

wys Martin Buber

op die skeiding tussen

die Jode- en Christendom:

toe Paulus die lydende Jesus

promoveer het: tot die lydende

Seun van God.

 

II

 

Sy briewe gelees sonder begrip

van ópofferinge, die basilieke

van Sint Pieter en Paulus bekyk,

toeristies met ‘n klein Kodak-kamera,

Instamatic, in my swaardbelynde hand.

Wetend nou: ‘n foto blote bargoenstaal.

Met kliekende vreemdelinge en ‘n gids

wat uitroep: stanno tutti bene!

Terug na Rome, verby die Tiber,

deur die Porta San Paolo in ‘n bus

lugverkoel met raserige reisgenote.

 

III

 

Moet terugkeer na die Via Ostiensi

(sonder kamera, notaboek of hoed)

die bloed sien én ruik op sy basiliek.

Dalk ook ‘n bedevaart van Antiochië, Perge,

Derbe tot in Jerusalem. En die plek vind

waar Ananias hom die hande opgelê

het tot waar hy onthoof is.

En verlede tyd het gebeur, promoveer

tot ‘n presens, nou. Wagtend

op iets buite woorde:

iets soos ‘n helder apparisie.

 

© Joan Hambidge

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Te klip om te boom?
Joan Hambidge. Shongolo →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d