Verlaat
Still there is this terrible desire to be loved. Still there is this horror at being left behind – Michael Cunningham
Vyftien jaar oud en ek droom
myself in ‘n nagmerrie in
en skrik in koue sweet wakker.
Dis pouse. Ons almal
is op die speelgrond met
kettings en slotte om ons lywe.
Meteens kyk almal op.
Jesus verskyn
op die wolke.
Al die kettings val af –
myne ook. Almal kry
vlerke en vaar op.
Ek klap en klap en klap my vlerke.
Ek probeer só hard, maar
ek is te swaar om op te styg.
©Marthé McLoud, 2024
love dit!
Ek dink dis skitterend.
Baie dankie Marieta.