Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 October 2024

Joan Hambidge. Roland Barthes en sémanalise

 

I

Die volledige oeuvre van Roland Barthes analiseer die werkinge van tekens en simbole en hoe betekenis in tekste gekonstrueer en gedekonstrueer word.  Die ewige spel tussen taal en denke is wat Barthes se teoretiese werk so uitsonderlik maak.

Sémanalyse is die versoening tussen die sémantique en translinguistique.

Dit word alles briljant ontleed in S/Z waarin die verhaal Sarrasine deur Balzac ontleed word rondom al die bekende opposisies: manlik/vroulik; verteller/toehoorder; raamvertelling teenoor belewenis.

 

 

Die hele verhaal wentel rondom die kwessie van kastrasie en die transgressie van opposisies, soos Barbara Johnson tereg uitwys in haar lesing “The Critical Difference: Balzac’s ‘Sarrasine’ en Barthes’s ‘S/Z'” in 1981. Die S/Z sien sy as BartheS/BalZac.

Hier is ‘n Dubbelspel: La Zambinella is vir Sarrasine die volmaakte vrou en hy kerf met sy mes ‘n standbeeld uit van haar. Ten slotte word hy met ‘n mes doodgemaak.

‘n Verhaal van liefdesonmoontlikheid? ‘n Spieëlbeeld? ‘n Projeksie? Die verhaal speel eweneens ‘n spel met die leser.

In afdeling XVII The castration camp beweer hy: “At first glance, Sarrasine sets forth a complete structure of the sexes (two opposing terms, a mixed and a neuter). This structure might then be defined in phallic terms:(1) to be the phallus (the men: the narrator, M. de Lanty, Sarrasine, Bouchardon); (2) to have it (the women: Marianina, Mme de Lanty, the girl the narrator is in love with, Clotilde); (3) to have it and not to be it (the androgynous: Filippo, Sappho); not to have it or to be it (castrato)”(1974: 35).

Vir ‘n analise van hierdie komplekse teks: Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde:

‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. (2000: 59 – 62).

II

‘n Belangrike aspek is die volgende: die verteller vertel die verhaal van Sarrasine aan Madame Rochefide ten einde haar te verlei. Hy behoort tot die Paryse ryk gemeenskap. Storie as “currency”

 

 

Die verhaal is in 1851 gepubliseer.

Barthes lees die boek met 5 verskillende kodes ter hand:

  • Hermeneutic Code: the mysteries of the text. …
  • Proairetic Code: the narrative drive of the text. …
  • Semic Code: the resonances of the text. …
  • Symbolic Code: the symbolic structure of the text. …
  • Cultural Code: the background knowledge of the text.

https://www.google.com/search?client=firefox-b-d&q=5+codes+in+s%2Fz

Die hele kwessie van Sémanalyse, te wete die versoening tussen die sémantique en translinguistique word nou geanaliseer.

https://www.researchgate.net/profile/Sender-Dovchin/publication/338423785_Translinguistics_Negotiating_Innovation_and_Ordinariness/ Besoek 20 Oktober 2024

Die arbitrêre grense is bekend in die translinguistiek

In lexia XLVII  skryf Barthes:

SarraSine: customary French onomatics would lead us to expect SarraZine: on its way to the subject’s patronymic, the Z has encountered some pitfall. Z is the letter of mutilation: phonetically, Z stings like a chastising lash, an avenging insect; graphically, cast slantwise by the hand across the blank regularity of the page, amid the curves of the alphabet, like an oblique and illicit blade, it cuts, slashes, or, as we say in French, zebras; from a Balzacian viewpoint, this Z (which appears in Balzac’s name) is the letter of deviation (see the story Z. Marcas); finally, here, Z is the first letter of La Zambinella, the initial of castration, so by this orthographical error committed in the middle of his name, in the center of his body, Sarrasine receives the Zambinellan Z in its true sense – the wound of deficiency. Further, S and Z are in a relation of graphological inversion: the same letter seen from the other side of the mirror: Sarrasine contemplates in La Zambinella his own castration. Hence the slash (/) confronting the S of SarraSine and the Z of Zambinella has a panic function: it is the slash of censure, the surface of the mirror, the wall of hallucination, the verge of antithesis, the abstraction of limit, the obliquity of the signifier, the index of the paradigm, hence of meaning”(1974: 106 -7).

The obliquity of the signifier: oblique soos in vaag.

En oblique poetry is ellipties.

N.P. Van Wyk Louw se Tristia en ander verse, voorspele en vlugte (1950 – 1957) is ‘n bundel wat met elke herbesoek die leser konfronteer met ‘n dubbelspel en spieëltekste. Die digter daag telkemale die grense van taal en betekenis uit.

Soos Barthes vra: wie is die spreker in die teks? Waarom verwys Louw na “voorspele en vlugte”?

Joan Hambidge

21 Oktober 2024

Bronne:

Barthes, Roland. 1970/1974. S/Z: An Essay. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Miller

–  1975/1977. Roland Barthes. Londen: MacMillan. Vertaal deur Richard Howard.

 – 1977/1979. A Lover’s Discourse: Fragments. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Howard.

Hambidge, Joan. 2000.  Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. UCT: PhD.

Lavers, Annette. 1992. Roland Barthes: Structuralism and After. Londen: Methuen.

Johnson Barbara. 1981. “The Critical Difference: Balzac’s ‘Sarrasine’ en Barthes’s ‘S/Z'” opgeneem in Untying the text – A Post-structuralist Reader (red. Robert Young). Londen: Routledge & Kegan Paul.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Barthes en die isotopie  
Joan Hambidge. Roland Barthes via Philip Thody →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d