Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
30 October 202431 October 2024

Joan Hambidge. Roland Barthes via Philip Thody

 

I

Op die Penguin-uitgawe van Cuddon se A Dictionary of Literary Terms and Literary Theory is daar ‘n afdruk van Roland Barthes wat sy belangrikheid as teoretikus beklemtoon. Langs Aristoteles en Samuel Johnson.

Philip Thody wys daarop dat Barthes werk met die “infinite transcribability” in sy studie Roland Barthes: A Conservative Estimate (1977: 97).

 

In “Ars poetica” (Tristia XXXVIII: 251) van N.P. van Wyk Louw:

 

Uit die gevormde literatuur

is nooit weer poësie te maak nie,

uit die ongevormde wél:

heuning uit blomsap

– om te illustreer –

en uit heuning self glo nog;

maar nie meer uit die seshoek-sel.

(…)

 

Die gedig eindig met die besef dat woorde net klank en teken is. ‘n Duidelike strukturalistiese beskouing. Dit speel ook in op die gedig “Armed Vision”:

 

… spel,

staalvisier, masker;

 

skermmasker, grimering, glimlag:

 

En dan weet die leser dat die gesig wat gewapen raak ook die gedig is wat sigself terselfdertyd bewapen.

Verskeie literatore het al op die kompleksiteite van hierdie bundel gewys: die speelse woordvernuf (Daniel Hugo); die digterlike gesprekke met Louw (Louise Viljoen); die liefdestema en liefdeselegie in “Groot Ode” (Heilna du Plooy) en vele ander. Helaas te veel om op te noem.

 

Kyk hier na van die belangrike gesprekke en palinodes oor hierdie digter:

https://versindaba.co.za/2020/07/02/digterlike-gesprekke-met-louw-n-bronnelys-en-uitnodiging/

 

II

Roland Barthes het by uitstek gewerk met tekste wat verwys na ander tekste. En in Camera lucida (wat handel oor die dood van sy moeder) ontleed hy die betekenis van maskers en foto’s.

Woorde onder woorde word ondersoek in sy werk. Paradoksaal meen Barthes die masker is die betekenis.

Deesdae is selfs gesigsmaskers aanlyn te koop met Barthes se gesig op:

https://www.redbubble.com/shop/roland+barthes+masks  Besoek 29 Oktober 2024

Mellet Moll het eweneens die kwessie van die masker analiseer:

 

Verskeie debatte het onlangs in die literêre media gewoed waarin die rol van die literêre kritikus opnuut in ’n staat van beskuldiging geplaas is. In hierdie proses word intellektuele waardes dikwels uitgedaag en ’n karikatuur van gemaak. Met die populistiese anti-intellektuele kultuur waar verworwe kennis toenemend bevraagteken word, is dit júís belangrik dat hierdie kennis beskerm word.

https://versindaba.co.za/2024/08/26/mellet-moll-die-masker-as-metafoor/ Besoek 30 Oktober 2024

 

Die digter Mellet Moll, oorlede op 28 Oktober 2024, se gedig “‘n Laaste villanelle” lui as volg:

 

’n Laaste villanelle

 

Wanneer ek eendag in jou arms sterf
kan jy die rame oopgooi vir die wind.
Ek is die metamorf wat veerlig swerf.

Ek het ’n onvolmaakte stillewe geverf
vol sweefsterre, wat in die lug ontbind
wanneer ek eendag in jou arms sterf.

So vry, die fynstuif wat nou onbederf
soos ’n dandelion die stromings vind.
Ek is die metamorf wat veerlig swerf.

Ek sal die skaduwee van lugvoëls erf
en die gestadigdheid se gloed ontblind
wanneer ek eendag in jou arms sterf.

En ek sal strale deur die lugruim kerf,
soos wolkmutasies sweef, jou labirint.
Ek is die metamorf wat veerlig swerf.

Mag jy ’n staat van enigheid verwerf
met die Nirvana van jou binne-kind
wanneer ek eendag in jou arms sterf.

Ek is die metamorf wat veerlig swerf.

© Mellet Moll, 2022

                                                  

Metamorfe gesteentes of metamorfiese gesteentes ontstaan uit die transformasie van bestaande rotse vanweë metamorfisme, wat beteken “struktuurverandering”

https://af.wikipedia.org/wiki/Metamorfe_gesteente Besoek 29 Oktober 2024

 

Hierdie gedig werk met teenstellings: van veerlig beweeg teenoor die aarde wat terughou. Die lewe was by wyse van spreke ‘n onvolmaakte stillewe vol sweefsterre. Dit sal helaas ontbind wat dalk wys op die nutteloosheid van kuns. Paradoksaal kry die gedig nou ‘n ander betekenis ná die digter se dood.

 

Die geliefde is terselfdertyd ook die leser in wie se arms die digter nou sterf. Hierdie gedig speel in op Louw se “Nog in my laaste woorde” wat hier gelees kan word:

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-nog-in-my-laaste-woorde/ Besoek 29 Oktober 2024

 

In die geliefde se hand is die jeug se oopgelate kring voltooi met die wete:

 

mooi is die lewe en die dood is mooi

 

Jy mag die rame oopgooi vir die wind is eweens dubbelsinnig: die geliefde mag nadoods dalk ander gedigte vir lesers gee en ‘n bundel postuum publiseer?

 

Dit bly egter ‘n “infinite transcribability” (Thody oor Barthes) en die dood van ‘n digter laat lesers immers altyd kyk na sy of haar werk, los van die gesteentes van polemieke, persoonlike aanvalle en vooroordele.

 

Joan Hambidge

29 Oktober 2024

 

Bronne:

 

Barthes, Roland. 1980/1981. Camera Lucida. New York: Hill and Wang. Vertaal deur Richard Howard.

Cuddon, J.A. 2013. A Dictionary of Literary Terms and Literary Theory. Londen: Penguin.

DuPlooy,Heilna.https://www.researchgate.net/publication/342708682_Die_liefdestema_in_Tristia_van_NP_van_Wyk_Louw_en_sy_Groot_ode_as_liefdeselegie_The_theme_of_love_in_Tristia_by_NP_van_Wyk_Louw_and_his_Groot_ode_Great_ode_as_a_love_elegy Besoek 29 Oktober 2024

Hugo, Daniel. https://versindaba.co.za/2011/12/01/daniel-hugo-np-van-wyk-louw-en-die-gestige-vers-in-tristia/ Besoek 29 Oktober 2024

Moll, Mellet. https://versindaba.co.za/2022/02/09/mellet-moll-n-laaste-villanelle/ Besoek 24 Oktober 2024

Thody, Philip.1977. Roland Barthes: A Conservative Estimate. Londen: MacMillan.

Viljoen, Louise. https://scielo.org.za/scielo.php?pid=S0041-47512008000300002&script=sci_abstract&tlng=af Besoek 29 Oktober 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ode aan Mellet Moll
Resensie. “Kuborg” (Martina Klopper) →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Roland Barthes via Philip Thody”

  1. Nicolaas Geldenhuys says:
    30 October 2024 at 18:23

    Wat ‘n skielik onverwagse verlies van Prof Moll. Hy had so ‘n akkurate, inkennige ,sterk en mooi skrywershand. En rasionele denke. Ek het sy resensies bewonder, elke een van hulle. Baie groot verlies. Jammer, Nini, jammer.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d