Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 October 202428 August 2024

Digtersprofiel: Rudolph Willemse

Rudolph Willemse is op 5 Julie 1958 gebore te Blyvooruitzicht. Hy gaan op Carletonville skool.

Hy studeer regte aan die Potchefstroomse Universiteit en behaal sy B.Jur. LLB.-grade.

Hy werk aanvanklik by die Departement Justisie as staatsaanklaer en staatsregsadviseur maar word in 1988 genader deur ’n regsfirma gevra om by regshervorming betrokke te raak.

Hy kwalifiseer homself as prokureur en praktiseer in Johannesburg en met die oorgang na demokrasie speel hy ’n beduidende rol in die regulering van bekostigbare en sosiale behuising en finansiering daarvan, ook in die ontwikkeling van nuwe banke en vorms van bankwese. Hy adviseer verskillende staatsdepartemente, reguleerders en instansies gedurende hierdie tydperk en skryf  onder meer ’n aantal wette en regulasies as deel van sy werk. Die tema wat deur die werk loop is om behuising en bankwese meer beskikbaar te te maak vir mense met laer inkomstes. Hy publiseer verskeie artikels en tree dikwels as spreker op oor die onderwerpe.

Intussen het hy verder gestudeer in filosofie by Unisa en het hy onder meer twee meestersgrade in die regte verwerf – oor die vermoede in wetsuitleg dat wetgewing nie staat bind nie en die “rule of law” (Unisa, 1990) en die konstitusionele beskerming van eiendom (Wits, 1992). In 2003 verlaat hy ’n groot kommersiële regsfirma waar hy direkteur was en sluit hy homself by ’n huislenings-verbandversekeraar aan om te werk aan versekeringsoplossings vir mense met HIV-Vigs. Hy doseer terselfdertyd by die Universiteit van Pretoria se besigheidsskool se Sentrum vir Mikrofinansiering, in finansiële regulering.

Rudolph is lief vir musiek. In die vroeë negentigs maak hy ’n musiekwinkel oop in Norwoord,  maar dit hou nie lank nie. Hy leer die verskil tussen waarvan jy hou en waarvan ander mense hou: die musiekmark.

In 2002 trou hy met die konseptuele kunstenaar Emma Willemse. Hulle vestig hulle in Fairlands, daarna in Blouberg en in 2014 in Riebeek Kasteel – in wat eens ’n ou skuur was. Onder die naam Hoofstraat Conceptual bied hulle uitstallings, musiek en gesprekke aan wat vrae vra eerder as om te vermaak. Sien https://hoofstraatconceptual.co.za vir meer.

Rudolph se eerste digbundel, Kweekskool, verskyn in 1982 by Perskor. Sy tweede bundel, Middelman, verskyn in 2005. Gedigte uit die bundel word verwerk deur die akteur en stemkunstenaar Marcel van Heerden en vriende en opgevoer by verskillende geleenthede, onder andere by die KKNK en by Solo Studios naweke in die Riebeek Vallei.

Sy derde digbundel, Swartland, verskyn in 2024 by Turksvy. Rudolph is  ’n kunsfotograaf en stal dikwels uit. Hy was betrokke aan die vervaardigingskant van twee kunsfilms deur die filmmaker, Victor van Aswegen, ’n skoolvriend.

Voor ’n rugbesering, was Rudolph lief vir stap en het hy en die gesin verskeie staproetes voltooi. Hy klim ook Kilimanjaro saam met kollegas uit. Sy ander liefdes sluit in reis: gewoonlik ’n verkenning van kuns, plattelandse kookkuns en wyn. Hy verkies die aardse en die onopgesmukte, die gestroopte, dit met karakter en integriteit. Hy is op sy gelukkigste by die huis, langs ’n vuur, met sy mense en diere vir geselskap.

Sien https://rudolphwillemse.co.za vir meer.

 

 

 

 

 

Nota van die Versindaba-redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons bygewerkte profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com.

Van ‘n digter wat al een of meer solobundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste niepoëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite onder mekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Jelleke Wierenga
Digtersprofiel: Dan Roodt →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid
  • Nuwe Publikasie. Ilse van Staden: Metamorfose
  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d