Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 November 2024

Digtersprofiel: Dan Roodt

Dan Roodt is in 1957 aan die Oos-Rand op Springs gebore. Sowel sy pa as oupa aan moederskant was (ongepubliseerde) digters. Sy pa studeer Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand en raak bevriend met C.M. van den Heever, Abel Coetzee, Piet Nienaber, asook Jochem van Bruggen en die Nederlandse digter A. Roland Holst.

Destyds in die sestigerjare was daar in Suid-Afrika nog nie televisie nie en dus was lees by uitstek ’n vorm van vermaak. Benewens sy pa se Afrikaanse en Nederlandse boekversameling, besoek hy die laerskool- en die Springsbiblioteek wat ook deur die skryfster en Nobelpryswenner Nadine Gordimer, wat afwysend teenoor die Oos-Randse stad gestaan het, aangeprys is.

Ná sy matrikulasie aan die Hoër Seunskool Helpmekaar (tans die geprivatiseerde Helpmekaar Kollege) in Braamfontein, volg hy in die voetspore van sy vader en studeer Afrikaans en Nederlands aan Wits. Hy raak betrokke by die poësievereniging, die filosofievereniging en skryf ook boekresensies vir die studentekoerant en later vir Die Vaderland, Hoofstad en Rapport. In dieselfde jaar as Tony Leon, dien hy op die studenteraad, waartoe hy hoofsaaklik deur argitektuurstudente verkies word weens sy libertariese, anargistiese politiek.

’n Tyd lank bestaan daar ’n losse boheemse groep Afrikaners by Wits wat hul vervreemd van die omliggende Engelse kultuur voel en hulle produseer poësiepamflette, konseptuele en dadaïstiese kuns en literatuur. Ander figure wat by die beweging betrokke is, is die beeldhouer Joachim Schönfeldt, die filosofiestudent (en latere Britse sielkundige) Rai Turton, die digter Johan van Wyk, die eksperimentele filmmaker en kunstenaar Chris Pretorius (tans van Pretorius Studio, Chicago, VSA), die kunsstudente Karin Bredenkamp (wat ’n tyd lank die skuilnaam Karin Konsentrasiekamp gebruik) en die skryfster Fransi Phillips. In Yeoville deel hy en Rai Turton ’n huis met die kunstenaar Neil Goedhals.

In 1980 publiseer Dan Roodt ’n satiriese digbundel met die titel Kommas uit ’n boomzol wat sinspeel op Komas uit ’n bamboesstok deur D.J. Opperman. Daarin dryf hy die spot met laasgenoemde se beroemde “poësielaboratorium”, maar ook met Nadine Gordimer met wie hy en ’n medestudent eenmaal ’n onderhoud in haar Parktown-woning gevoer het. Hy eksperimenteer ook met poésie concrète in die bundel, wat deur Uitgewery Pannevis van Markus de Jong, eienaar van die Boekhandel de Jong in Braamfontein, uitgegee word. De Jong woon tans in Friesland en sy dogter, Gretske de Jong, bedryf die grootste boekwinkel in Amsterdam, Scheltema.

By Taurus-uitgewers publiseer hy ’n eksperimentele postmoderne novelle, Sonneskyn en Chevrolet (1980), asook ’n minimalistiese teks, Twee sinne (1985). Karin Bredenkamp met wie hy aanvanklik in Hillbrow saamwoon in Eastleigh-hof, tans in vervalle toestand, teken illustrasies vir die literêre tydskrif Stet wat deur Taurus uitgegee word.

Hy behaal ’n Honneursgraad in Vergelykende Letterkunde en in 1983 ’n M.A. oor die latere werk van die Franse literêre teoretikus, Roland Barthes, en die omstrede ondergrondse skrywer Georges Bataille. Die Duitse professor, Reingard Nethersole en die skrywer Es’kia Mphahlele verwerp sy voorstel vir ’n Ph.D.-studie oor Nietzsche en die Franse postmodernisme omdat dit te veel waarde aan “ligsinnige Franse teorieë” heg.

Op soek na verdere Franse ligsinnigheid in Desember 1985, vertrek hy en Karin met wie hy intussen getroud is, na Frankryk en vestig hulle in die Marais, die derde arrondissement van Parys in die rue Meslay, binne loopafstand van die Centre Pompidou, die Hôtel de Ville en die Seine.

Hy behaal die graad D.E.A. in Franse filosofie aan die Universiteit van Parys VIII (Vincennes-St. Denis) onder leiding van die wêreldberoemde filosoof Gilles Deleuze en sy kollega René Scherrer. Elke week neem hy die moltrein vanuit Parys en dan die bus na die St. Denis-kampus. In Parys ontmoet hy ook ander denkers en filosowe soos Jean-François Lyotard, Jacques Derrida, Jacques Rancière, Alain Badiou, Hélène Cixous en ander. Hy lewer ’n referaat oor die Nederlandse skryfster Ettie Hillesum tydens Cixous se seminaar.

In 1992 keer hy en Karin na Suid-Afrika terug. Aanvanklik werk hy in verskeie handelskamers by Standardbank, Nedbank en Citibank, maar stig daarna die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (PRAAG) saam met die geoloog Carel van der Merwe wat hom vir Afrikaans beywer, asook ’n aantal boeke, waaronder Europese vertalings, uitgee. Intussen voltooi hy ook ’n Ph.D.-proefskrif by Wits, in Afrikaans.

Oor die afgelope jare besoek hy op uitnodiging die VSA, Israel, Pole, België, Nederland, Frankryk, Duitsland, Swede en Rusland. Hy bestudeer Sweeds, Italiaans en meer onlangs Russies. In Leeuwarden, Friesland, bring hy saam met die huidige voorsitter van die Nederlandse Tweede Kamer, Martin Bosma, besoek aan Markus de Jong en sy vrou Gré.

Tot dusver is Kommas uit ’n boomzol sy enigste poësiepublikasie maar hy behou ’n belangstelling in tipografie en die visuele elemente van poësie, asook in Suid-Afrika se unieke geologiese geskiedenis wat moontlik in ’n nuwe bundel, Oer, beslag sal kry.

 


 

 

[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com 

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

      • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
      • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
      • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
      • Enige ander interessante feite oor jou

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.]

 

 


 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Rudolph Willemse
Digtersprofiel: Carel Antonissen →

1e kommentaar op “Digtersprofiel: Dan Roodt”

  1. Daniel Hugo says:
    1 November 2024 at 14:53

    Marcus de Jong is op 13 Junie oorlede. Soos van die geheuelose Afrikaanse media verwag kan word, was daar geen berig daaroor nie. Wel die volgende berig in Mail & Guardian:
    https://mg.co.za/friday/2024-06-21-marcus-de-jong-the-legacy-of-a-bookshop-pioneer-and-champion-of-progressive-thought/

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. verskille
  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Hendrik J. Botha. Teen sononder
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Johan Myburg
  • Joan Hambidge. Piromaan
  • Joan Hambidge. My geliefde voormalig
  • Jasmyn Beetge. Delikaat
  • Hennie Maartens. oorskot

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels16 July 2026

    Dankie, Andre — jy verf gedigte en ons ry nou tyd en woorde bloots.

  2. Andre Roothman on Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels15 July 2026

    Uiters gemaklik op die literere verteringsstelsel. tyd die tiran het sy deugde.

  3. Toekie on C Fritze. Boodskap aan die see14 July 2026

    Pragtig geskryf. Het dit baie geniet.

  4. Bernard Odendaal on Daniel Hugo. Wat ’n vers kan verraai en vermag13 July 2026

    Die onderbenoeming - konkreter: die min woorde - roep treffend ‘n ysliker en aaklige “werklikheid” op.

  5. Karin on C Fritze. Boodskap aan die see13 July 2026

    Dié gedig praat met my hart en met my siel. Ek verlang na die klank en die reuk van die…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d