God seën u
Bedelaar met sy skuifelpas
se dagtaak begin.
Skouers hang
onder ‘n verslete jas.
Hy doen verkeerslig-diens
om ‘n munt te verdien
vir huis toe vat…
waar huis vannaand
ook al mag wees,
want opdraand leef
het hom lankal reeds
wees gelaat.
Met oë neergeslaan
wag hy alleen
op sy hoek van die straat
vir erbarming
sodat God jóú kan seën.
© Andrea Sieberhagen, 2024

As ek hierdie pragtige gedig lees, dan sien ek letterlik die toneel voor my afspeel! Dis helder en vars! Ook ‘n inkyk in daardie mens se stukkende lewe.
Veral maak dit ‘n emosionele én geestelike appél wat my dwing om anders te kyk (en eventueel te doen) as ek weer so iemand sien staan.
Ek hou van dit, Andrea!