‘n Ligter weergawe
(Vir Breyten Breytenbach)
Het jy gegaan na ‘n skemerkoel binnevertrek
vir jou laaste slaap?
Met jou finale reis
word jou vlerke en ledemate lig
en die nagtegaal se stem bly suiwer.
Laaste lied gesing.
Laaste woorde uitgeasem.
Maak die geslote boek
aan die ánderkant oop.
Mag jy verbaas vind
dat die sterre op die Anderplek
wél helder blink.
© Andrea Sieberhagen, 2024
