Oumansherfs
Dit is ’n agtermiddag
en die son lê skuins
en probeer sy laaste
probeer om warmte
aan my murg te gee
ek het deur die wingerd geloop
luister daar’s ’n riel uit die boord
slinger saam trap vir tree
waar is al die groen
waar is die druiwe heen
aan vier snare gespan soos ’n ukelele
hang die wynstokke hulle kromme note
die trosse is met die hand gepluk
die wind het die bladmusiek gesteel
as snoeityd begin
hou ek my lote opsy
© A. Döckel
