Tuin
“I wandered lonely as a cloud.”
– William Wordsworth
Laatmiddag stap ek in my tuin.
Kaalvoet,
oor die koelste groenste gras.
Alleen.
Windstil na die reën.
Mymer oor dit wat is
en dit wat gister was.
In die laaste strale van die son
raak blomme en bome
se buitelyne sag
en ek wag
en wens
vir ‘n kans
om saam met affodille
te kan dans.
© Andrea Sieberhagen, 2025
Ai, Andrea, dat jy en Wordsworth my nou so bewoë kan maak! Jou gebruik van alliterasie vang die gees van Wordsworth se gedig so suiwer vas.