ʼn weg
nog voor die begin
van alle dinge
het die woord voor vlees
alreeds bestaan
die geboorte wonderwerk
het hy gewilliglik laat gebeur
en sodoende mens van sonde
weggeskeur!
al die mag in die hemel
en hier op aarde was aan hom gegee
want sy geboorte
baan vir ons die weg
© bevan boggenpoel, 2024
