Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 December 2024

Joan Hambidge. Opperman en Heese

 

I

Soms kom ‘n gedig en ‘n roman bymekaar uit. Twee verskillende genres wat besin oor ‘n gegewe en in gesprek tree met mekaar. Wat het Opperman en Marié Heese se jongste roman gemeen?

Die laaste dae van Marié Heese het sopas by Turksvy verskyn.

Elke dag van my lewe loop ek hier op hierdie grond met my kaal voete. Ek loop oor grasse en plate groen kruieplantjies waar daar goeie weiding is vir my bokke. En smiddae as die son brandhoog sit en ons is op ’n lekker plek, dan loop rus ek vir ‘’n kort siësta in ’n kol koel skarrewee onder ’n eik of ’n wildevy. Dan ruik ek die see en die kruie wat warm kry van die son: roosmaryn, vinkel, kruisement. My kop is dan naby die aarde en sy praat met my. Die laaste tyd is sy omgekrap. 

Die eenvoudige bokwagter besef dat Vesuvius weer gaan uitbars. Die ander mense van Pompeii en Herculaneum leef in ontkenning totdat die onvermydelike katastrofe op 24 Oktober 79 n.C. plaasvind. In hierdie roman gee Marié Heese ‘n lewensgetroue beeld van daardie laaste dae deur die inwoners van dié twee stede self aan die woord te stel. Die leser word meegesleur deur die verskillende verhaallyne wat al hoe spannender raak soos wat die dreiging toeneem.

 

II

Henning Snyman ontsluit Opperman se beroemde gedig “Dennebol” op ‘n briljante wyse in sy studie Mirakel en muse.

Hy gee ‘n handige tabel vir die leser: strofe / geografiese ruimte / beeld / tydsvorm / tyd / deiktiese ruimte / metafisiese ruimte

C.J.M. Nienaber, J.C. Kannemeyer en A.P. Grové word betrek (1983: 216 – 218).

Die ramp wat tot kunswerk verhef word. Plinius se verslag tot die gedig as kunswerk. By Opperman is daar ‘n ek-toeris, ‘n gids en Plinius. Hede en verlede kom saam in ‘n vereenselwigingsproses. Die gids as ‘n “kommersiële verkoper van die geskiedenis”, ‘n soort kolporteur.

Vesuvius van die hede en die ervaring nou met ‘n terugbeweeg na sy eie jeug en sy vader se wyse woorde.

Snyman beklemtoon “dat die tye opgeneem word in die groter gang van die metafisiese ruimte wat bo die sigbare tyd sigself voltrek” (1983: 217).

Daarom stol die lewe en die gedig in ‘n tydlose ruimte. Hy skryf tereg: ”Pompeij is per slot van sake nou ook net ‘n museum”.

Hy wys ook op die “onheilsattribute” in die gedig, soos Nienaber dit noem.

Alleen die gedig (as kunswerk) kan tydloos bestaan; ook dit word bedreig deur ‘n “tweede dood” waarvan dit steeds verslag moet doen (1983: 218).

Die tweede dood dalk die aanslag op taal en die verdwyning van die digkuns?

 

III

Heese verskaf ‘n bronnelys vir haar leser (boeke en films) en ‘n Latynse woordelys. So word die leser ingenooi in haar tablinum (studeerkamer).

Haar roman is ‘n skouspel, ‘n venatione, soos net hierdie gevierde skrywer dit kan doen.

Sy stel ook verskillende sprekers aan die woord. Aantekeninge, briewe, dagboeke afgewissel met geskiedskrywing. ‘n Gedig teen die muur in ‘n taverne (69). Selfs ‘n resep is hier te vinde (59).

En die beskrywing van wapens en historiese figure. Ook Oskaans:

The Osci (also called Oscans, Opici, Opsci, Obsci, Opicans) were an Italic people of Campania and Latium adiectum before and during Roman times. They spoke the Oscan language, also spoken by the Samnites of Southern Italy. Although the language of the Samnites was called Oscan, the Samnites were never referred to as Osci, nor were the Osci called Samnites.

https://en.wikipedia.org/wiki/Osci  Besoek 6 Desember 2024

En daar is films. Soos Gladiator uit 2000 en TV-reekse.

Verskillende stemme of sprekers wat die bekende verhaal vertel en laat uitwaaier.

In hierdie kaleidoskopiese verslag word die leser ryklik beloon met inligting wat nie die ritme van die verhaal versteur nie. Heese is die poppemeester én skriba oor Pompeij en Herculaneum.

Mitologiese figure en selfs die mal Caligula is hier. Julius C en al die rolspelers van die tyd. En die vader van argeologie Johann Winckelmann wat in die 1760’s die artefakte beskryf en gelys het. Later ook die rol van Pichetti en Bianchini. Latere werk en navorsing word ook beskryf (164 – 167; 202).

Die rol van die wielewaal (galgulus) wat mense met geelsug kon genees.

https://af.wikipedia.org/wiki/Afrikaanse_wielewaal  Besoek 6 Desember 2024

 

 

Siektes en kos word baie goed beskryf, nes die funksie van bygelowe.

http://joanhambidge.blogspot.com/2013/01/marie-heese-die-honger-reisiger.html 6 Desember 2024

En hoe ingewande “gelees” word (200).

https://www.vocabulary.com/dictionary/haruspicy  Besoek 6 Desember 2024

 

Haruspicy was a method of predicting what might happen in the future. In ancient Rome, haruspicy involved seeking omens inside the bodies of sacrificed animals.

Ook vroue word aan die woord gestel. Aemelia Fabius en haar suster Julia. En die dagboek van Helena Cornelius is boeiend.

Met die beskrywing van bordele en belasting wat gehef is op hulle vanaf die tyd van Caligula. Waterslawe wat moes help reinig in hierdie onwelriekende ruimtes.

Verskillende klassesisteme van vroue en in die tyd van Keiser Theodosius is prostitute selfs verbrand.

Slawe teenoor rykes. Die Medea is ook ingebed in die teks.

Soveel verwysings na Cicero en die wyshede van Plinius gee besondere tekstuur aan die vertelling.

Selfs ‘n brief van Auguste Renoir is hier (196).

Die verruklike beskrywings van Kampanië verdien vermelding. Soos die muurskrifte in Pompeii …

mag jy in jou eie piswyn verdrink …(214)  (Vind uit waarom!)

 

IV

By ‘n Romeinse fees is die element van verrassing alles (59). Dieselfde geld hierdie roman met sy komplekse struktuur. Soos by Opperman in “Dennebol”.

Beide skrywers werk met primordialiteit en ook met die Onsienlike.

 

 

Joan Hambidge

Kaapstad 1 – 6 Desember 2024

 

 

Bronne:

Heese, Marié. Die laaste dae. 2024. Kaapstad: Turksvy.

http://joanhambidge.blogspot.com/2013/01/marie-heese-die-honger-reisiger.html Besoek 6 Desember 2024

Opperman, D.J. 1975. Dolosse. Kaapstad: Tafelberg.

Snyman, Henning. 1983. Mirakel en muse. Johannesburg: Perskor.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Joan Hambidge. Roland Barthes:  Die grein van die stem
Joan Hambidge. Stephen Watson: die digkuns as meditasie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d