Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 December 20249 December 2024

Nuwe Bundel. Martin Kruger: Gekaapte stad

Gekaapte stad

Martin Kruger

Omslag

As argitek is Martin Kruger ’n takseerder van stede. In ’n eiesoortig digterlike taal gee hy sy indrukke van onder meer Kaapstad, Amsterdam, Parys, Barcelona, Venesië en New York. Almal is in ’n sekere sin gekaapte stede – deur kapitaliste, politici, ontwikkelaars en uiteraard ook argitekte. Hy toon besondere empatie met stedelike weeskinders – veral van Kaapstad, die sogenaamde Moederstad. Die bloudruk vir hierdie bundel is Italo Calvino se Le città invisibili (“Die onsigbare stede”). Gelukkig bied stede ook ruimte vir huislikheid en die liefde, dinge wat nie met die eerste oogopslag sigbaar is nie.

 

Beste Amsterdam

as dit reent, gragnat

en die wind jou sambreel laat flikflak

dan tier ek teen jou ou mure

hou my afrikaanse asem op vir jou taal

 

jou vriendelike blomme, kleurvol getooi

jou blinkswart geboue

wat sonder skroom die krulgewels

van kaapshollands naboots

 

miskien teen die vyftiende eeu

was instagram die tekenmooi soeweniers

van dapper kunstenaars, verkenners, reisigers

en derglik noodsaaklike raconteurs

 

Oor die outeur

Martin Kruger (1957) is ’n argitek, urbanis en kunstenaar wat in Kaapstad woon. Hy skryf al ’n geruime tyd gedigte, meestal vir homself. Hy lees dan die gedigte vir sy hond en sy geliefde en stuur dit per e-pos vir sy vriende en familie. Een van sy gedigte is opgeneem in die pandemiebloemlesing Maskers en mure (Turksvy, 2021).

 

[Turksvy Publikasies 2023. 84 bl. Prys: R300. ISBN: 978-0-7961-1421-1]

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Bundel. Eunice Basson: ’n Ander wêreld
Nuwe Bundel. Juan Coetzer: Ligspoor →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d