Ontoereikend
My kind sing in die juniorkoor,
‘n groepering van mini-engele.
Sag en toonvas rol die note
van psalms en gesange
tot teen die Here se voete,
waar Hy dit optel,
rondrol in Sy mond,
oor en oor kou
en dit verontwaardig uitspoeg
voordat Hy bulderend skree:
Begin voor!
© Jacques Boshoff, 2024