kindness is modern magic
ek moet bieg dat ek een
van die uitverkorenes is
— elke mens is die kind
van sy eie dade — maar die eierdoppe waarop ek
om jou marsjeer
is modern magic
dis dalk ’n wrang gedagte
maar ek wens jy sou daarop ag slaan
jy kan so filistyns wees in jou minagting
my liggaam adem omgee en verleentheid
ek wil die beste vir jou hê
so ek is seer maar dankbaar
jy kan nie voorspel wat mense
met opregte spiritualiteit maak nie
en nou is jou skaduwee
swaar genoeg om ’n eierdop te kraak
© Ruan Fourie, 2024