Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 December 2024

Stephan du Toit. Emily Hobhouse

 

Emily Hobhouse

 

jy rus nou in Bloemfontein

in vrede

 

maar vroeër

was ‘n vlymswaard deur jou gemoed

die dood van vier-en-twintigduisend

kinders

 

kinderloos

tog

‘n moeder vir ons volk

jou sorg ‘n genoegsame tent

teen son en ryp

masels en tifus

britse apatie

jou briewe die nemesis

van generaal en edelman

in ink word jy hulle gewete

 

in 1926

sou ses meisies jou kissie dra

staatsmanne jou eer

as die heler van ons wonde

‘n engel van vertroosting

 

in die mooiste maand

deur die lenteblou Vrystaatlug

voer ‘n wit duif jou

na die groter stad van God terug

 

(Na aanleiding van Elsabé Brits se boek Emily Hobhouse: Geliefde verraaier, 2016)

 

© Stephan du Toit, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Stephan du Toit. Mona Lisa
Stephan du Toit. Fidji →

3e gedagtes oor “Stephan du Toit. Emily Hobhouse”

  1. Stephan du Toit says:
    24 December 2024 at 05:22

    Baie dankie Jannie!

    Reply
  2. Carina says:
    22 December 2024 at 09:08

    Ek hou baie van hierdie gedig, Stephan du Toit. Die losstaande woord of twee in enkele reëls is treffend en beklemtoon byvoorbeeld die kontras van “kinders” teenoor “kinderloos” waarmee een strofe eindig en ‘n volgende strofe begin. Tegnies wel oorwoë. Hierdie kontras word voortgesit in strofe 3, terwyl die woorde “britse apatie” sterk op mekaar wring. Ook die tydsaanduiding wat alle ruimte in beslag neem, trek aandag. “Emily Hobhouse” is ‘n gestroopte gedig (soos dit van ‘n gedig verwag kan word) met ‘n diep en pynlike geskiedenis. Ook ek het my ooit laat verlei deur die Vrouemonument en die obelisk wat die blou, Vrystaatse lug deurklief. Baie geluk!

    Reply
  3. Jannie Pretorius says:
    20 December 2024 at 18:12

    Lieflike huldeblyk!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d