Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 December 202411 December 2024

Maritha Broschk. tafelgebed

 

tafelgebed

(vir breyten breytenbach)

 

jou metafore lê al vir jare

lieflik pynlik in my mond

om in die geheim aan te knibbel –

hoe wens ek dat ek hulle kon sluk

soos wyn

dié vloeiende ritme:

die dieet van ‘n Digter

 

kyk, jou woorde rys uit die blaaie,

word oral in eetbare happies opgedis (ook virtueel),

Woordenaar wat pampoene

(ek het nooit gedink dat mens

oor pampoen sou uitwei nie, gouserige pappery

wat hare laat krul)

fascisties maak, nagmaal hou in blou –

jou hande ook albino-vlerke waarmee jy kón vlieg

selfs in die na-dood, glo ek,

glip jy deur die tralies van jou knabbelende karkas,

verskyn jy in die drome van jou klein Vrou –

sê jy hou plek vir haar aan die tafel

van die groot bôrdienghuis

 

interpretasies kan brommers of bye wees,

maar tog vind ek troos in dié wete:

jou aardse maaltyd was ‘n lang gang,

maer man met die groen trui,

want dood word eers leeftye later versadig

deur papier of ‘n skilderdoek –

dankbaar is ek vir die genot van my lot:

lewenslank my onlesbare verwondering,

my honger na die bietjie helderheid

in jou verse wat uiteindelik vry is

van jagters, hekwagters en slapendes

 

© Maritha Broschk, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Christiaan Potgieter. aan die geringstes
Elmarie Nienaber Van Kampen. Breyten(bach) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Jan Rabie-Rapportprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Herman Binge-filmprys 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Breyten Breytenbach-prys vir digkuns 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar 2026
  • Netwerk24 kykNET Rapport-prys vir niefiksie 2026

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d